MARKUS 16:14-16 AFR53
14. Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.
15. En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
16. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
***
Kern gedeelte:
"en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt"
Miskien worstel jy ook vanoggend met dinge wat jy kan sien nie menslik moontlik is nie, en jy is reg, dit is dalk nie.
Maar in hierdie nuwe dag, weet net dit, wat by die mense onmoontlik is, is by GOD moontlik.
Daarom, staan op, gaan uit en gaan doen wat GOD op jou hart gelê het.
Soos die HERE sy dissipels gehelp het om Sy boodskap te bevestig deur tekens, so sal Hy jou ook help met dit wat nie moontlik lyk nie.
Moenie in struikeling kom deur ongeloof en hardheid van hart nie!
-----‐
GEBED.
VADER, as ons na die twyfel en ongeloof in ons kyk, kan ons nie anders as om in skaamte voor U te staan nie. Ons bid dat U ons sal versterk in ons gees, ons sal toerus met krag en bereidheid om uit te gaan, U werk te gaan doen, en U Evangelie te verkondig. Ons vra dat U Heilige Gees met ons sal saamwerk om die ontmoontlike, moontlik te maak.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die paaie voor ons sal gelykmaak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





