JOB 3:23-26 AFR53
23. Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
24. Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
25. As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
26. Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
***
Kern gedeelte:
"As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my"
Die Woord van GOD is baie duidelik oor hierdie onderwerp soos geskrywe staan in Fillipense 4.
* Verbly julle altyd in die HERE, ek herhaal, verbly julle!
* Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan GOD bekend.
* En die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in CHRISTUS JESUS.
Miskien het jou omstandighede, jou posisie, jou vooruitsigte baie skielik verander, en jy is in 'n worstelstryd met GOD.
Lees die boek van Job deur, en kyk na Job se geseënde einde, en weet dat GOD nie foute maak nie.
Deel met die kaarte wat tans vir jou gedeel is, behou jou standvastigheid in GOD, bid altyddeur, nie net vir jouself nie maar ook vir ander.
Leef hierdie seisoen deur, want die seisoen van vrug dra is oppad.
-------
GEBED.
VADER, ook in hierdie oggend besef ons, dat U deurlopend in beheer is, en U hand steeds oor ons is. Ons laat ons bedreig deur die omstandighede wat die wêreld, die "verderwer" voorhou, en besef nie dat U Hand van voorsiening en beskerming deurlopend oor ons is nie.
Open asb ons oë en ore, sodat ons luister wanneer U ons rig op die nuwe pad vorentoe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir stilte en kalmte van gees sodat ons U Stem kan hoor.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





