I KONINGS 19:11-13 AFR53
11. En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die Here nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie.
12. En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die Here nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte.
13. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom 'n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?
***
Kern gedeelte:
"En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte"
Soms wil ons GOD gaan soek te midde van die storms, wanneer ons opgewerk en onsteld is, maar ons sal GOD vind in die sagte koelte, die sagte stilte van ons gemoed.
Ons kan die stem van GOD nie hoor te midde van die geraas van hierdie wêreld nie, en daarom moet ons afsonder, stiltetyd maak, die geraas laat verbygaan sodat ons Sy Stem sal hoor en die inwerking van Sy Heilige Gees sal ervaar.
Dus, verwyder jou van die argumente, los die twis en staak die bakleiery, en gaan gaan soek GOD vanoggend in die stilte en vrede van jou hart.
Miskien sal jy ook Sy Stem hoor wat vra, wat maak jy hier, want ek het vir jou 'n groter doel elders!
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die duidelike boodskap vanoggend dat ons, U nie gaan vind in die geraas en verwarring van hierdie wêreld nie, maar ons moet eers stil word in die wete dat GOD is in beheer, en in daardie kalmte van ons gemoed sal U ook met ons kan praat. Bring ons asb na 'n plek van stilte en kalmte sodat ons fokus sal wees om slegs U Stem te hoor.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U deure sal open en geleenthede sal gee aan elkeen wat dit nodig het.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





