I KONINGS 18:21-22 AFR53
21. En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die Here God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
22. Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die Here, terwyl die profete van Baäl vierhonderd-en-vyftig is.
***
Kern gedeelte:
"Hoe lank hink julle op twee gedagtes?"
Hoe lank sal ons as volk van GOD nog hink op twee gedagtes omdat ons nie ander mense in die gesig wil vat in ons onsekerheid van ons geloof nie.
Hier staan Elia teenoor 450 Baäl profete, en GOD antwoord sy gebed, en 'n volk kom in eenheid.
Nee, ons het nie nodig om nou op die strate te gaan staan en mense te probeer oortuig nie.
Begin vanoggend in jou eie gesin, jou huis en jou familie.
Soos 'n sneeubal sal die kring groei, en eenheid bring in ons land Suid-Afrika.
Maar elkeen van ons moet eers vanoggend ophou hink op twee gedagtes en weet dat die HERE GOD is.
Gaan jy opstaan in jou geloof in GOD, of aanhou skuil in jou skadu van ongeloof!
-------
GEBED.
VADER, soos golwe van die see word ons rondgeslinger in ons geloof, omdat ons nie bereid is om op te staan vir dit wat reg is nie, om op te staan in geloof vir U Woord nie. Ons laat toe dat ons deur die wêreld verdruk en verdring word omdat ons nog nie ons eenheid in U gevind het nie. Bring asb eenheid oor U volk in ons land Suid-Afrika.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees deur ons land sal beweeg en eenheid in U sal bring.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





