II KORINTHIËRS 2:14, 17 AFR53
14. MAAR God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.
17. Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as uit opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.
***
Kern gedeelte:
"Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie"
Dit is tyd dat jy die Bybel self optel en lees, dat jy GOD sal vra om Sy Woord vir jou oop te breek deur die inwerking van Sy Heilige Gees.
Moenie bloot net luister na "die" wat die Woord verdraai ter wille van inkomste, van finansiële voordeel nie.
Maar gaan lees self, bevestig dit wat aan jou oorgedra is, of die Waarheid van die Woord, in die boodskap is.
Kennis in die waarheid van die Woord, sal slegs verkry word as jy tyd saam met GOD in Sy Woord spandeer.
-------
GEBED.
VADER, is ons soeke werklik na die waarheid van U Woord, of lewe ons 'n lewe van rituele godsdiens, waar ons, onself troos deur mooi boodskappies en die ongereelde samekomste. Laat ons vandag bieg voor U, belydenis doen vir ons gebrek aan belanstelstelling en vra vir die aanraking van U Heilige Gees, sodat U Woord in ons sal begin lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die Lig, die Weg en die Waarheid, vandag ons lewe sal aanraak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





