DANIËL 2:20-22 AFR53
20. Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.
21. Hy tog verander die tye en die geleenthede; Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het;
22. Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.
***
Kern gedeelte:
"Hy sit konings af en stel konings aan"
Vir elkeen wat hulle hoop op hierdie verkiesing geplaas het, as oplossing van die probleme in ons land Suid-Afrika, wil ek net vanoggend sê:
Die HERE stel konings aan en sit konings af, maar nie noodwendig tot voordeel van GOD se volk in hierdie land nie.
Ons het nog nie tot GOD bekeer en ons hulp by HOM alleen gaan soek nie, en daarom sal die volgende administrasie die land nog verder in chaos dompel, tot ons erken dat GOD in beheer is, en ons nie meer op die arm van vlees sal steun vir ons hulp nie.
Moenie bekommer wees oor die verkiesings uitslae nie, maar werk eerder aan jou verhouding met GOD!
Op die gegewe tyd sal GOD sake verander, met of sonder 'n verkiesing!
-------
GEBED.
VADER, ons vra dat U met U volk en U mense sal wees na hierdie verkiesing, met die wete dat die nuwe koning nie noodwendig tot ons voordeel gaan wees nie. Neem ons asb aan die hand en lei op die pad terug na U toe, en dat die nuwe lied in ons mond sal wees, nader my GOD by U. Laat ons nie die toekoms vrees wat voorlê nie, maar sal weet dat U ons ook hierdeur sal dra.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal lei op die pad wat vir ons voorlê.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





