II KORINTHIËRS 3:14-17 AFR53
14. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.
15. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;
16. maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.
17. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.
***
Kern gedeelte:
"maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem"
Dikwels hoor ek mense sê dat daar geen nut is in die lees van die Bybel nie, want dit is basies 'n storie boek met verskillende verhale.
Die rede hiervoor is so duidelik omskryf in ons teksvers wat sê: Maar hulle sinne is verhard en daarom bly die bedekking.
As jy twyfel oor die Woord van GOD, kom tot bekering, soek die HERE, en hierdie bedekking sal ook vir jou weggeneem word.
As jy kom stil word voor GOD se voete, sal hy die Boek, Sy Woord vir jou verduidelik.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die direkte boodskap, dat ons nie verstaan nie, want ons sinne is verhard. Ons vra vanoggend dat U Gees sal inwerk op elkeen wat nie begrip het vir U Woord nie. Ons vra dat U Heilige Gees die sluier sal lig, sodat ons die waarheid van U Woord sal sien. Vergewe ons asb die verhardheid van ons hart.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat hierdie boodskap stof tot nadenke sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





