‭II PETRUS 2:18-19 AFR53‬

May 31, 2024

18. Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.

19. Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword.


***


Kern gedeelte:

"want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword"


Vanoggend is die boodskap effens laat, want ek het eers nabetragting oor my eie lewe gedoen, voor ek skrywe oor die dinge waaroor iemand anders 'n slaaf van is.

Ons kom baie vinnig in die gewoonte om ander te kritiseer, sodat ons, ons eie slegte gewoontes en verslawings kan wegsteek, en in die stilte daarmee kan voortgaan.

As jy vanoggend wil sê dat jy nie aan iets verslaaf is nie, sit dit neer en los dit vir vir (21) een en twintig dae.

As jou solank daarsonder oor die weg kan kom, het jy dit nie meer nodig nie, en is die gewoonte gebreek.

Onthou, enige iets groter as GOD is 'n afgod, en dit wat jou beheer, is jy die slaaf daarvan.

Soos hierdie boodskap vanoggend tot 'n einde kom, weet ek waaraan ek moet werk.

Jy kan miskien ander mense bedrieg, maar nooit jouself nie.


-------


GEBED.


VADER, erkentlikheid maak jou vry, en vanoggend erken ek my foute. Ons kan vanoggend bid dat U ons sal bevry van dit wat ons beheer, maar aan die einde van die dag bly dit ons keuse of ons daarmee gaan voortgaan of nie. Laat ons nie verder daaroor kla nie, want dit is deur ons eie toedoen. Versterk ons asb in ons gees, dat ons ja, ja sal wees en ons nee, nee sal wees.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om te kan oorkom.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https//tentvansamekoms.co.za

E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27) 0716283107

September 17, 2025
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. 6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. *** Kern gedeelte: "Verbly julle altyd in die Here" As jou blydskap in GOD gevestig is, sal jy met dankbaarheid in jou hart lewe. Die teenoorgestelde is ook waar, as jy nog na jou blydskap in die wêreld soek, as jy nog met onvergenoegdeid deur die lewe gaan, sal jy met 'n ondankbare hart na alles kyk. In Romeine 12:2 sê staan daar duidelik geskrywe; En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed..... Miskien moet ons vanoggend nie vra vir dit wat ons begeer nie, maar eerder dankbaar wees met dit wat ons reeds het. Kyk met waardering om jou rond, en dank GOD vir elke gawe uit Sy Hand, en dankbaarheid sal ook jou hart oorspoel, en jy sal weet, jy is maar nou eenmaal, 'n geseënde van GOD. ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend ure voel ons soms te moeg om op te staan, maar dan neem ons 'n oomblik om U te dank vir elke stukkie seënige in ons lewe, en dan eers besef ons hoe geseënd ons werklik is, en op daardie oomblik kan ons nie anders as om ons te verbly in U nie. Laat ondankbaarheid nooit vatplek in ons harte kry nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag in hierdie dag. Amen •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 16, 2025
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. *** Kern gedeelte: "Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad" Soms kyk ons so vas in die dag van môre, dat ons vergeet om vandag voluit te lewe. Net vir 'n oomblik, dink terug oor verlede week, die probleme en uitdagings wat jy mee moes deel. Sommige was so groot dat ons hart gekrimp het daarvan en ons kon nie 'n uitweg sien nie, maar as ons nou terugkyk, het GOD ons ook daardeur gedra, versterk en krag gegee. Die probleem wat onoorkombaar was, is nie meer nie, maar in jou gees is jy sterker, en jou geloof groei met elke tree. Daarom, staan vandag op, leef voluit, maak GOD se Naam groot, want hierdie week se berg sal volgende week se getuienis wees. Kwel jou dus nie oor die dag van môre nie, want GOD is in beheer, en Hy sal jou lei op die pad. Weet net dat ook die dag van môre is in GOD se Hand en Sy Wil sal geskied! Staan vas in jou geloof, en moenie wankel nie. ------- GEBED. VADER, vanoggend kyk ek terug en ek besef dat die aanslag van gister is my getuienis in hierdie oggend, van hoe groot U is en hoe U sake beskik binne U geregtigheid. Dankie dat U groter is as my probleme, en VADER dat U selfs negatiewe en moeilike situasies gebruik om my op te bou, te versterk sodat ek die volgende struikelblok in geloof kan hanteer, want my GOD is in beheer. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geloof soos 'n Mosterd daad, wat sal groei, vir die "wêreld" ten aanskoue. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107.
September 15, 2025
33. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur. 34. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. *** Kern gedeelte: "maar my woorde sal nooit verbygaan nie" Deur die laaste paar dekades, het die werkers van "wêreld" probeer om die Woord van GOD te verander, af te water en ons te oortuig dat alle sonde is aanvaarbaar, solank ons onder die genade lewe. Nee vanoggend se boodskap is nie 'n Bybel debat nie, en ek wil niemand se oortuigings verander nie. Maar die waarheid van GOD se Woord en die Evangelie van JESUS CHRISTUS sal nie verander word nie, al vat hulle ook ons Bybels weg. Openbaring 14:12 AFR 33-53 vertaling lees, Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Die wêreld kan die waarheid verdraai, maar deur die inwerking van GOD se Heilige Gees sal die waarheid altyd na vore kom. In, en deur GOD se Woord sal jy die Lig, die Weg en die Waarheid vind. ------- GEBED. VADER, dankie dat ons, deur nie U Woord net te lees nie, maar U Woord te begin uitleef en toe te pas in ons lewe, ons laat wegkeer van die sonde, die begeertes van hierdie wêreld en die pad van waarheid saam met U kan begin stap. Dankie dat U Woord nooit sal verbygaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die Waarheid van U Woord sal deurding tot ons. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 12, 2025
5. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. 6. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen? *** Kern gedeelte: "Die Here is vir my 'n Helper" In die lewe gaan ons mense teëkom wat dink dat alles en almal het 'n prys, en hulle kan ander mense se lewens met geld manupileer, omdat hulle self deur geldgierigheid gedryf word. Maar as ons die teks gedeelte noukerig lees sal jy die bevestiging van GOD se getrouheid en voorsiening raaklees wanneer Hy vir ons sê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Moenie deur mense aan die neus rond gelei word nie, en moenie toelaat dat jy deur ander se gierigheid meegesleep word nie. GOD het jou tot hierdie gedra en Hy sal voorsien in jou daaglikse brood. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen? ------- GEBED. VADER, my gebed is eenvoudig, gee ons asb ons daaglikse brood, nie 'n maand se brood vooruit nie, sodat ons vertroue slegs in U sal wees en dat ons nie sal steun op die arm van vlees nie. Lei ons asb in U spore van geregtigheid. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U leiding sodat ons nie in strikke van geldgierig sal trap nie. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 11, 2025
14. Want die Here jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie. *** Kern gedeelte: "en Hom van jou afwend nie" In die Woord van GOD staan geskrywe, wees heilig, want Ek is Heilig, en daarom moet ons daagliks ons motiewe, denkwyse, woorde en optrede, wat soms ver te kort skiet, ondersoek, sodat GOD se Heilige Gees Hom nie sal ontrek van ons lewe, omdat Hy iets afstootlik in ons lewe, ons huis gevind het nie. Een ding wat ons duidelik moet verstaan, jy kan in hierdie lewe alleen teen die wêreld staan as GOD nie met jou is en Sy Heilige Gees versterk jou op jou lewenspad, jy sal miskien val maar GOD sal jou weer oprig deur Sy Reddende Regterhand. Die Lig en die duisternis meng nie, dit is of die een, of die ander. Ons moet kies of ons dit wat afstootlik is, uit ons lewe gaan verwyder en of ons alleen teen die wêreld gaan probeer staan. Die laasgenoemde word nie aanbeveel nie! ------- GEBED. VADER, ons mag dalk dink dat ons alleen teen die wêreld, teen die aanslae van die "verderwer" kan staan, want U beskerm ons, self waar ons nie eers daarvan bewus is nie. Maar ons besef dit eers wanneer U, U Heilige Gees van ons ontrek het. Ons vra dat U ons tekortkomimge aan ons sal uitwys sodat ons dit wat nie moet wees nie, uit ons lewe sal verwyder. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die teenwoordigheid en ondersteuning van U Heilige Gees in ons lewe. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 10, 2025
11. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 12. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. *** Kern gedeelte: maar stel julleself tot beskikking van GOD. Hoe doen mens dit in hierdie deurmekaar, verdraaide en sondige wêreld? Die volgende drie vrae help my baie wanneer ek voor besluite, voor die kruispaaie van die lewe staan. 1. Hoe sou JESUS dit hanteer het? 2. Is dit wat ek nou doen of gaan doen ter ere van GOD? 3. Is die besluit wat ek nou gaan neem, binne GOD se geregtigheid, volgens Sy onpartydige opregtheid. Die maklike keuse is om aan wêreld gelykvormig te word, om te handel en wandel soos die kinders van die verderf. Maar dit vat rugraat en integriteit om op te staan en nee te sê vir dit wat verkeerd is, vir dit wat nie moet wees nie. Onthou verkeerd bly verkeerd, selfs as die oorgrote meerderheid dit doen, en reg bly reg, selfs wanneer niemand dit doen. Staan op, staan vas en staan uit, neem 'n standpunt in, en sien hoe GOD jou bekragtig. ------- GEBED. VADER, dit word al hoe moeiliker om die regte dinge te doen want die wêreld waarin leef is so verdraaid deur die leuens van die "verderwer" dat sonde, ongeregtigheid en leuens as normaal beskou word. Daarom vra ons, dat U Heilige Gees ons oë sal verlig vir die waarheid, sodat ons, ongeag wat, binne U onpartydige opregtheid sal lewe. Gee ons asb die krag om in U Waarheid vas te staan ten spyte van die aanslae van die "verderwer". In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen in nood, en ons vra dat U sal voorsien in elkeen se daaglikse brood. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings