II KONINGS 5:9-11 AFR53
9. So het Naäman dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van Elísa se huis stilgehou.
10. Toe stuur Elísa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
11. Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die Here sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.
***
Kern gedeelte:
"Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom"
Is dit nie soms ook maar ons gesindheid dat ons, ons wonderwerk, ons hulp van die HERE wil voorskryf, hoe dit moet gebeur nie.
Naäman het in sy arrogansie na Elisa gegaan en het 'n sekere verwagting gehad oor hoe Elisa hom moes ontvang en hoe hy genees wou word.
Nadat Naäman hom vererg het en wou terugkeer na sy land, is hy deur sy offisiere oortuig om hom te gaan was in die Jordaan volgens die woorde van Elisa.
Luister na die Stem van GOD, en luister na goeie raad.
As Naäman volhard het in sy arrogansie en eiesinnigheid, sou dit hom sy wonderwerk ontneem en hom sy genesing gekos het.
Moenie dat jou gesindheid, vandag jou wonderwerk verdryf nie.
-------
GEBED.
VADER, hieraan is ons almal skuldig want in ons arrogansie, ongeduld of eie ek wil ons, ons wil op ander afdruk. Ons is so hardkoppig in ons eie verstand, wil en emosie dat ons selfs die inwerking van U Heilige Gees teëstaan. Maak ons asb vandag ontvanklik vir U Woord, U Wil en U Leiding.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vermoë en insig, om na U Woord, na goeie raad te luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27) 0716283107





