SPREUKE 14:15-17 AFR53
15. Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
16. Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
17. Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
***
Kern gedeelte:
"Die eenvoudige glo elke woord"
Selfvertroue binne perke is goed, maar as jy te vol van jouself is, gaan dit jou tot skade wees.
Daarom, luister na alles, maar ondersoek dit, gaan uit, soek raad en bevestig elke woord.
As jy dit nie doen nie, gaan dit jou tot struikeling wees, gaan jy daardeur skade ly.
Oorhaastigheid gaan jou duur te staan kom.
Daarom sê die Woord van GOD dit duidelik:
Wie kortgebonde is, begaan sotheid.
-------
GEBED.
VADER, die spreekwoord sê dat 'n haastige hond verbrand sy mond en dit is so, dat in ons haastige gejaag na meer, verloor ons dalk alles. Help ons asb om vanoggend eers alles te stop, en met ander oë na elke geleentheid en situasie te kyk. Laat U Heilige Gees ons lei om eers dieper ondersoek te doen, en dat ons selfvetroue en selfversekerheid nie ons tot struikeling sal wees nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die geduld om op U bevestiging te wag voor ons beweeg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@incurio.co.za
Sel: +27716283107





