MARKUS 11:22-24 AFR53
22. Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê.
23. Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see — en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur — hy sal verkry net wat hy sê.
24. Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
***
Kern gedeelte:
"Julle moet geloof in God hê"
Geen seëning van GOD wat hy vir jou stuur keer leeg terug na HOM toe nie.
Ek het dikwels in my geloof gefaal, getwyfel en geleenthede by my laat verbygaan.
Die geleentheid het nie verdwyn nie, maar iemand anders het dit aangegryp en die seën van GOD het by hulle gaan rus.
Toe Dawid in vrees en twyfel die ark van GOD in Obed se huis gelos het, het GOD Obed-Edom se huis ter wille daarvan geseën.
Wandel in geloof en gryp die geleentheid, die seëning wat GOD op jou pad gestuur het sodat hierdie geleentheid nie by jou verbygaan nie.
Glo in GOD, vertrou en lewe in die wete dat GOD is 'n Waarmaker van SY Woord.
-------
GEBED.
VADER, keer op keer struikel ons in twyfel en ongeloof. Ons is so bekommerd oor die toekoms, dat ons die huidige geleenthede wat U vir ons stuur laat verbygaan. Laat ons asb vandag besef, dat soos alles in die lewe, is ongeloof ook 'n keuse, want ons kies om U nie te vertrou nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons ongeloof en gebrek aan vertroue.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





