MARKUS 10:24-27 AFR53
24. En die dissipels was verbaas oor sy woorde; maar Jesus antwoord weer en sê vir hulle: Kinders, hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou, om in die koninkryk van God in te gaan!
25. Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
26. En hulle was uitermate verslae en het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word?
27. Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
***
Kern gedeelte:
"hoe swaar is dit vir die wat op hulle goed vertrou"
Moenie toelaat dat dit wat GOD jou meë geseën het, in jou straf verander nie.
Die feit bly staan, alles wat jy is, is net genade en alles wat jy het, is net geleen.
Lewe in dankbaarheid voor GOD en laat ons uitkyk verander en laat ons nie meer dink hoeveel van ons geld gebruik en vir GOD nie, maar eerder, hoeveel van GOD se geld gebruik ons vir onself.
Vertrou op GOD, en nie op geld nie want by HOM is alles moontlik.
Die dag as rykdom en vriende nie meer daar is nie, is GOD nog steeds daar.
Daarom wees versigtig waar jy jou vertroue plaas.
-------
GEBED.
VADER, hoogmoed kom net voor die val, en so gaan dit wanneer ons onself verhef. Leer ons asb om in nederigheid te leef en ons vertroue slegs in U te plaas. Wanneer ons alles en almal verloor, kan ons nog steeds op U staatmaak om ons deur te dra.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open sodat ons sal sien waar ons vertroue op die dinge van die wêreld geplaas is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





