I KORINTHIËRS 10:23-24 AFR53
23. ALLES is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie.
24. Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van 'n ander.
***
Kern gedeelte:
"Laat niemand sy eie voordeel soek nie"
Vanoggend se Skrif gedeelte is moeilik om toe te pas want hoe sal weet wat is reg en verkeerd in hierdie wêreld van verdraaide waarheid?
In die tyd waar gebruik en misbruik aan die orde van die dag is?
Daar is net een manier, en dit is om deur die Waarheid gelei te word.
JESUS CHRISTUS, is die Lig, die Weg en die Waarheid, en deur GOD se Heilige Gees wat in ons werk, sal ons die onderskeid kan tref, sal ons weet wie en wat om te vermy.
Spandeer tyd by GOD se voete, en die Waarheid sal ook oor jou kom.
-------
GEBED.
VADER, gee asb aan ons U Gees van onderskeiding sodat ons deur U Waarheid gelei sal word. Laat ons nie oorhaastig wees in ons woorde en optrede nie, maar sal handel volgens U Wil en U Weg. Laat hierdie woorde, alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar nie alles stig nie, vanoggend insink, sodat ons sal sien wanneer ons iets doen wat nie ter ere van U Naam is nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding en U Waarheid in ons lewens.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





