MARKUS 12:24, 27 AFR53
24. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Is dit nie daarom dat julle dwaal dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?
27. God is nie 'n God van dooies nie, maar 'n God van lewendes. Julle dwaal dus grootliks.
***
Kern gedeelte:
"dat julle die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie"
Is dit nie dalk hoekom ons nie antwoorde kry op ons gebede, en hoekom ons konstant gryp na die grashalms van die "wêreld" nie.
Ons kry nie antwoorde op gebed nie, want ons Bybels lê nog toe in die kas of op die tafel.
Eers wanneer die behoefte in jou groei om die Woord van GOD te lees, sal jou verhouding met GOD begin groei, en eers dan sal jy Sy Krag in jou lewe verstaan.
Eers dan sal ons besef dat ons dien die Lewende GOD, want daar is net een, en by HOM is alles moontlik.
Nader tot GOD, en Hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, die antwoorde lê in U Woord opgesluit, maar ons het nie meer die tyd daarvoor nie. Ons is so besig met die dinge van die wêreld, dat ons geen idee het wat U vir ons wil sê deur U Woord nie. Ons vra dat U ons lewens sal stilmaak, sodat ons weer die tyd sal hê, om tyd in U Woord, tyd by U voete deur te bring, sodat ons U krag in ons lewe, en U doel vir ons lewe sal verstaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat vanoggend vêr van U af voel. Raak elkeen asb aan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





