MARKUS 13:35-37 AFR53
35. Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie: in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie;
36. dat hy nie miskien skielik kom en julle aan die slaap vind nie.
37. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
***
Kern gedeelte:
"En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!"
Staan vas in jou geloof in GOD en moenie wankel nie.
Daagliks sien ek hoe mense struikel en val, want die vyand loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
Die aanslae teen ons gaan nie minder word nie, en daagliks sal die "verderwer" sy strategie verander en aanvalle sal selfs uit jou binnekringe, uit jou vriende, familie en gesin kom!
Laat elkeen hulle keuses maak, maar jy, staan jy net vas in GOD se onpartydige opregtheid.
Onderhou die gebooie van GOD en die geloof in JESUS CHRISTUS, soos dit beskrywe staan in Openbaring 14:12.
Hoor, Luister en Doen, want jy het hierdie boodskap vir 'n rede ontvang!
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om staande te bly in die tyd wat vir ons voorlê. Laat ons nie deur twyfel oorval word, en die misleiding van die "verderwer" as die waarheid aansien nie. Laat ons staande bly in die waarheid van U Woord, en help ons asb om in U onpartydige opregtheid te wandel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om ander ook van U Woord en U Waarheid te vertel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





