PSALMS 133:1-3 AFR53
1. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
2. Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.
3. Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die Here die seën, die lewe tot in ewigheid!
***
Kern gedeelte:
Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
Die twis onder broers se oorsprong lê in die wêreld en sy begeertes, maar eenheid onder broers kom deur eenheid in GOD en Sy Woord.
Wanneer twee broers tot volwassenheid gegroei het in hulle verhouding met GOD sal hulle ook sake tussen mekaar in volwassenheid met mekaar kan hanteer.
Niemand in hierdie lewe is altyd reg nie, maar as ons in GOD se onpartydige opregtheid staan, sal ons nie net ander mense se punt insien nie, maar ons sal ook ons eie foute raaksien.
Onthou, daar waar eenheid is, daar sal die seëninge van die GOD ook uit gestort word.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om nie in nuttelose argumente betrokke te raak nie maar dat ons eerder sal soek na oplossings wat U sal behaag. Laat ons mekaar ondersteun en deurdra instede daarvan dat ons net na ons eie gewin, voordeel en belange wil soek. Leer ons asb om met 'n oop hand en 'n oop hart te lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal leer hoe om in eenheid met mekaar te staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






