MARKUS 5:35-36 AFR53
35. Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig?
36. Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net.
***
Kern gedeelte:
"Moenie vrees nie; glo net"
Een ding wat ons moet verstaan, is GOD is nooit laat nie!
As Lazarus betyds genees was, en hy nie reeds vier dae dood was nie, sou dit waarskynlik nie in GOD se Woord beskrywe gewees het nie.
As die owerste van die sinagoge vroeër by JESUS uitgekom het, sou ook hierdie gebeurtenis moontlik nie genoem geword het nie.
Maar beide sake is afgehandel, beide die owerste van die sinagoge se dogtertjie en Lazarus lewe, maar dit het gebeur ter ere van GOD.
By Lazarus se graf moes mense verstaan dat niks vir GOD onmoontlik is nie, en die owerste van die sinagoge moes die woorde hoor: Moenie vrees nie, glo net!.
Vandag wanneer dit vir jou voel of dit te laat is, of daar geen meer keer aan sake is nie nie, wil ek vir jou sê, Moenie vrees nie, glo net.
GOD sal jou nooit faal nie en jou nooit verlaat nie!
-------
GEBED.
VADER, in die kortsigtigheid van ons gemoed verwag ons dat iets onmiddelik moet gebeur, volgens ons wil en ons weg. Ons ken ten dele en sien ten dele, maar U sien die groter prentjie, en U tyds berekering is perfek. Vergewe ons asb ons sonde van ongeduld en ons onvermoë om op U te wag. Vergewe ons omdat ons gedurig U plan vir ons lewe wil aanjaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die geduld om te wag sodat ons nie in die pad van U planne sal kom nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






