SPREUKE 17:27-28 AFR53
27. Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
28. Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
***
Kern gedeelte:
"Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word"
Ek was vanoggend reeds besig om 'n ander gedeelte uit GOD se Woord voor te berei om uitgestuur te word, maar hierdie gedeelte het so swaar op my hart gelê dat ek van voor af begin het.
Maar gehoorsaamheid aan GOD deur die leiding van Sy Heilige Gees is beter as 'n offer, as die vet van ramme.
Miskien gaan vanoggend se boodskap nie net daaroor om ons woorde in te hou nie, maar oor gehoorsaamheid om van koers te verander wanneer ons die inspraak van die Heilige Gees ervaar.
Terug na vanoggend se Skrif gedeelte, verstaan asb die volgende:
Nie elke vraag is 'n antwoord werd nie, en soms is stilbly ook 'n antwoord.
Bly kalm, en plaas 'n wag voor jou mond, want woorde is soos dons vere in die stormwind, dit kan nooit weer terug getrek word nie.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend kan ek nie besluit of U 'n waarskuwing rig en of U bloot gehoorsaamheid aan die leiding van U Heilige Gees toets nie. U Woord is 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons pad, en daarom is dit vir ons belangrik om die pad te stap waarop U ons lei. Leer ons asb om in gehoorsaamheid aan U Stem te lewe. Laat die twyfel wat die "verderwer" in ons lewe saai ons nie van koers af druk nie.
In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen op ons paaie wat gaan reis. Hou asb U Hand van beskerming oor elkeen.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






