EFÉSIËRS 6:5-7 AFR53
5. Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
6. nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen
7. en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie,
***
Kern gedeelte:
"nie met oëdiens soos mensebehaers nie"
Soveel van ons probeer nog die mens behaag deur ons optrede waar ons onself probeer voordoen wie en wat ons nie is nie.
Maar as ons JESUS CHRISTUS ontmoet het, en geleer het om binne GOD se Wil te leef deur die Leiding van die Heilige Gees, dan verander sake.
Wat die mense dan van ons dink, skeel ons min, en soos ons deur die Gees gelei word, so sal ons doen.
Solank as wat ons bereid is om voor die opinie van mense te buig, sal ons nie in die Wil van GOD leef nie.
As jy GOD in waarheid dien, is die keuse baie maklik.
So, voor jy vanoggend voortgaan met dit wat jy wil doen, stop 'n oomblik en maak seker hoekom jy dit wil doen, wie jy wil behaag?
-------
GEBED.
VADER, ons trap so maklik in die slaggate van die lewe omdat ons die mens gunse wil doen, omdat ons die mens wil behaag sonder om daaraan te dink wat U Wil vir ons lewe is. Laat U Heilige Gees asb vanoggend op ons hart inwerk sodat ons sal wegdraai van ons weë, sodat ons U Wil sal kies bo alles in ons lewe. Vergewe ons asb ons menslike tekortkomeninge.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding en rigting in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






