MATTHÉÜS 22:12, 13, 14 AFR53

February 4, 2026

12. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

13. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

14. Want baie is geroep, maar min uitverkies.


***


Kern gedeelte:

"Want baie is geroep, maar min uitverkies"


Die pad saam met GOD is inderdaad 'n eensame pad, met min mense wat werklik die pad van waarheid, in 'n diepe verhouding met GOD kan stap.

Ons kan wel rondgaan en die Woord van GOD versprei, die Verlossings plan deur JESUS CHRISTUS verkondig en mense bewus maak dat hulle op die verkeerde pad is, maar ons kan nooit hulle lewens vir hulle lei nie!

Ons kan die saad saai, 'n ander sal water gee, maar die Heilige Gees sal laat groei, die verandering sal bewerkstellig word wanneer die persoon gereed is, en ontvanklik is vir die inwerking van die Heilige Gees.

Soos die Woord ons leer, verkondig die Evangelie van JESUS CHRISTUS, en as die Woord nie aangeneem word nie, stap weg, vee die stof van jou voete af, want die bloed is nie meer op jou hande nie, die Lig, die Weg en die Waarheid het tot by hulle gekom, maar die keuse om GOD te kies kan jy nie vir hulle maak nie.


-------


GEBED.


VADER, dankie dat U mense op ons pad plaas om ons van U Woord te leer, die Evangelie van U Seun aan ons bekend te stel, want dit bring verandering tot redding. Open asb vandag ons oë, ore en harte sodat ons sal kies om gekies te word. Laat ons nie wegstap en die verderf kies nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die aanraking van U Heilige Gees sodat ons GOD nie net sal kies nie maar bo alles eerste sal stel.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

February 19, 2026
14. TOE gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskáriot, na die owerpriesters 15. en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg. 16. En van toe af het hy 'n goeie geleentheid gesoek om Hom oor te lewer. *** Kern gedeelte: "het hy 'n goeie geleentheid gesoek" Nie almal in jou lewe, wat tans die lewenspad saam met jou stap is jou vriende nie. Baie mense sal die pad saam met jou stap, terwyl dit tot hulle voordeel is, maar die dag sal kom wanneer die tyd reg is in hulle opinie, en dan sal die ware kleure na vore kom. En moenie dink dat dit nie met jou sal gebeur nie, want selfs JESUS CHRISTUS ons Verlosser is deur die mens verraai. Ons soek almal na die een persoon wat na ons rug sal kyk, sodat iemand ons nie onverhoeds betrap nie, maar sekere mense kyk na jou rug en soek na 'n goeie plek om jou in die rug te steek. Hou dit wat privaat is vir jouself, en deel met die wêreld en sy mense net dit wat hulle nodig het om te weet. ------- GEBED. VADER, dankie dat U ons vanoggend daarop wys dat ons moet leer om stil te bly, dat ons nie alles met almal moet deel nie. Laat dit wat privaat is, privaat bly en dat ons nie alles aan almal bekend moet maak nie. Ons vra vir U beskerming en vra ook dat U die mense uit ons lewe sal verwyder wat nie daar moet wees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reg en geregtigheid in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
February 18, 2026
13. As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is. 14. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? 15. Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie. *** Kern gedeelte: "As U nie self meegaan nie" Vanoggend is die boodskap laat, nie omdat hierdie dag anders as ander dae is nie, maar my gesindheid was anders. Normaalweg neem ek soms die boodskap bitter vroeg op en stuur op meer aanvaarbare tyd uit, maar vanoggend was anders. Ek was reeds 02h00 op die pad na plekke waar ek moet wees, en ek sit nou langs die pad die boodskap en uitstuur. As u dit vreemd vind, weet net, dit is nie vreemd nie, wat soos almal het ons ook besluite om te maak. Gedurende die afgelope vyf ure het ek nagedink oor ons lewe en besigheid pad vorentoe, en die slotsom is, SONDER GOD, NIE 'N TREE NIE. As GOD ons nie lei en self met ons meegaan op die lewenspad nie, dan bly ons waar ons is, en alles bly soos dit is. ------- GEBED. VADER, dit is tyd om te stop, tyd om U te nader oor ons lewenspad vorentoe. Laat ons geen haastige spronge maak nie, maar laat ons op U wag om vir ons die pad te wys, dat U ons sal lei binne U Wil en binne U Weg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons U Leiding af oor ons lewenspad vorentoe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Cell: +27716283107
February 17, 2026
1. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2. My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het! *** Kern gedeelte: "My hulp is van die Here" Ek wil nie graag iets byvoeg nie, maar wil net die volledige Psalms 121 lees. * Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? * My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. * Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. * Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. * Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand. * Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. * Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. * Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid. ------- GEBED. VADER, U weet dat ek vanoggend 'n ander Woord gedeelte in gedagte gehad het, maar hierdie gedeelte bly my op die hart gelê word. In gehoorsaamheid stuur ek hierdie boodskap uit en mag U Heilige Gees met hierdie woord saamgaan sodat dit vanoggend op die regte ore sal val. Laat U Geestelike versterking ons ophef uit die massas probleme wat ons wil oorweldig. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat hopeloos en verlore voel. Geen asb aan elkeen die krag en sterkte. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 16, 2026
11. Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. 12. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. 13. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. **** Kern gedeelte: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee" Nee, dit is nie jou einde nie! Die wêreld mag reeds die oorwinning vooruit gesmaak het, maar GOD tree vandag vir jou in. Nie deur jou krag nie maar deur Sy genade, deur Sy reddende regterhand want al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan. Die stryd was nooit jou stryd om te stry nie, daarom wees still want GOD maak klaar wat Hy in jou begin het. ------- GEBED. VADER, waar ons tans is sien ons dalk nie die lig nie want die wêreldse probleme het ons oë en ons gemoed verduister. In hierdie oggend vra ons vir 'n nuwe dagbreek, in hierdie oggend vra ons vir hernuwe krag om op te staan in U Naam sodat U Lig deur ons sal skyn na 'n donker wêreld daar buite. Dankie dat U ons deurdra waar ons nie meer kan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons 'n nuwe begin, verklaar ons GOD gegewe deurbrake en 'n nuwe pad saam met U. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 13, 2026
2. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die GOD van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. 5. Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God vir ewig en altoos. *** Kern gedeelte: "maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse God" Soos wat Joshua aan sy volksgenote gesê het, kies wie julle wil dien, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. So het dit tyd geword vir ons om aan ons volksgenote te sê, kies julle wie julle vir dien, maar óns sal wandel in die Naam van die Here onse GOD. Selfs in die huidige situasie in ons land Suid Afrika, gaan GOD ons vooruit, Hy maak paaie gelyk en is besig om ons land te verander. Ons land sal oprys, ons as GOD se volk sal weer opstaan, nie deur krag of geweld nie, maar deur die Gees van GOD! Laat elkeen vir homself kies, maar ek weet waar my krag vandaan kom. ------- GEBED. VADER, ons lewe in 'n land van verdeeldheid omdat elkeen net na sy eie belange omsien en ons nie meer in eenheid saam tot U kan nader nie. Ons vra vanoggend dat 'n herlewing sal uitbreek en dat U Heilige Gees soos 'n vuur deur ons land sal trek, mense in beweging sal bring, sodat ons in eenheid kan staan en sê dat ons sal wandel in U Naam, want U is ons Krag, ons Rots en ons Vesting. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir eenheid as U volk U land en U mense. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
February 12, 2026
22. En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien. 23. Sy heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. 24. En die een wat die een talent ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u 'n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie 25. omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort. *** Kern gedeelte: "omdat ek bang was" Ek drink gister oggend 'n pakkie MacNab energie tablette, en binne in die pakkie is 'n boodskap wat sê: FEAR. F -False E -Evidence A -Appearing R - Real In nabetragting aan die boodskap, sit ek en wonder hoeveel van ons lewe daagliks in vrees, oor vandag en oor die dag van môre. Daarom is ons te vreesbevange om ons talente te gebruik waarmee GOD ons geseën het. Ons kruip weg, isoleer onself, laat geleenthede verbygaan wat GOD op ons pad bring, want wat as dit nie uitwerk nie! Die boodskap vanoggend is duidelik, gaan grou die talent uit wat jy begrawe het, en gebruik dit ter ere van GOD, en laat Hy die werke van jou hande seën. Onthou, as jy oor weinig getrou is, sal GOD jou oor veel meer kan aanstel. -------- GEBED. VADER, soveel geleenthede het ons laat verbygaan omdat ons in vrees gelewe het, in vrees besluite gemaak wat nie ter ere van U was nie. Ons beperk U, in dit wat U vir ons beplan het, deur die vrees waarin ons lewe. Ons bely dit vanoggend voor U voete, en laat die vrees ook daar. Met ons GOD loop ons 'n bende storm, met ons GOD spring ons oor 'n muur. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die gees van vrees sal verwyder wat nog in soveel van ons heers. Amen.  ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings