I KORINTHIËRS 10:31-33 AFR53

February 3, 2026

31. Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

32. Wees geen oorsaak van struikeling vir Jode of Grieke of vir die gemeente van God nie;

33. net soos ek almal in alles behaag en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van baie, sodat hulle gered kan word.


***


Kern gedeelte:

"doen alles tot verheerliking van GOD"


Moenie GOD se Woord as 'n argument punt gebruik wat mense wegdryf van JESUS CHRISTUS af nie.

Dit is nie die doel nie!

Instede daarvan om sekere aksies te verdedig, wil ek eerder net die volgende vyf vrae vra?

* Stel jy GOD eerste in alles wat jy doen?

* In alles wat jy doen of sê, doen jy dit ter ere van GOD?

* Strewe jy daagliks daarna om meer en meer soos JESUS CHRISTUS te wees?

* Kan ander mense rondom jou, die Lig van JESUS CHRISTUS deur jou sien skyn?

* Lewe jy met die Lewende Woord van GOD op jou lippe, wat opbou en nie afbreuk nie?

As die antwoord ja is op al die bogenoemde antwoorde, sal jy nie veel meer hê om oor te argumenteer nie, maar jou doelwit sal wees, siele tot bekering, en nie argumente oor leerstelling nie.


-------


GEBED.


VADER, die leerstellings van mense veroorsaak twis en verdeeldheid terwyl U Liefde versoening, eenheid, verdraagsaamheid en ondersteuning bring. U Woord is duidelik, wat U Seun aan ons gebring het, jy moet die HERE jou GOD liefhê met jou hele hart, siel en verstand en jou naaste soos jouself. En vir wie die "Liefde" nie verstaan nie, is dit duidelik gemaak met die woorde, en hierin is die liefde, dat jy my gebooie onderhou. Gee ons asb die krag om oor U Liefde te spreek wat siele tot bekering sal bring.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gesindheid wat mense na U toe sal trek en nie sal wegdryf nie.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

April 7, 2026
3. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, 4. sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. 5. Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, 6. sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, 7. en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, 8. en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. *** Kern gedeelte: "en hulle vertroue op God kan stel" Hoekom is ons land in die toestand wat dit is, en hoekom het ons jeug, ons kinders geen hoop op die toekoms nie? Omdat ons as ouers hulle nooit geleer het van die Lewende GOD van ons vaders nie. Ons het geen hoop nie, want ons ken Hom nie, die toekoms lyk donker want ons ken nie ons Redder en Verlosser nie. Wat gister gebeur het is verby, en as ons nie ons kinders van GOD geleer het nie, aanvaar dit so, maar begin vandag om jou kinders die weg van die Waarheid te leer, kry jou gesin terug by die voete van GOD, en vertrou Hom vir die toekoms wat geen mens jou kan bied nie. As sake vanoggend vir ons duister en donker lyk, is dit waarskynlik omdat die Lig van JESUS CHRISTUS nie in ons huise en ons lewens skyn nie. Word vandag 'n Ligdraer van jou Verlosser en Saligmaker, en sien hoe ons hele land sal terugdraai na GOD, hoe ons toekoms in Suid-Afrika herstel word en ons weer die land van melk en heuning sal wees. Onthou: die verandering begin by jou! ------- GEBED. VADER, U lê die boodskap op ons hart, dit is tyd. Tyd vir verandering, tyd om op te staan in U Naam. Nie deur krag en geweld nie, maar deur U Heilige Gees wat verandering en herstel sal bring, want waar U begin werk kan geen mens dit stop nie. Gee ons asb die krag om ons kinders te leer dat U Hand nooit te kort is nie, en dat ons toekoms deur U bevestig word. In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons oorwinning oor die bose wat tot nou toe deur verdeeldheid geheers het in ons huise, ons lewens en ons land, want die tyd van Eenheid het aangebreek. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 6, 2026
19. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. 21. sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. *** Kern gedeelte: "deur die geregtigheid tot die ewige lewe" Mense verskil met my wanneer ek sê dat Mattheus 6:33 is vir my die kern gedeelte van GOD se Woord oor hoe ons moet leef! Soek eers die koningkryk van GOD en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word! As jy nie JESUS CHRISTUS, aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker nie, as jy GOD nie liefhet met jou hele hart, hele siel en hele verstand nie, en jou medemens hanteer binne GOD se onpartydige opregtheid nie, dan kan jy die kerk banke volsit van Dinsdag tot Dingaan's dag, en dit gaan jou niks baat nie. Ons kan nie GOD in waarheid dien as ons daagliks ons medemens vertrap nie. Die boodskap is duidelik: soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur JESUS CHRISTUS, onse HERE. Oordink hierdie woord, bid daaroor en laat die Heilige Gees die sluier voor ons oë verwyder. ------- GEBED. VADER, U Woord is so eenvoudig dat selfs kinders dit kan verstaan, maar ons kompliseer alles, ons gaan soek wat nie daar moet wees nie, ons dwaal in ons verhouding met U, en verwaarloos ons verhouding met ons medemens. Ons weet en besef nie dat U Tien Gebooie juis vir hierdie doel vir ons gegee is nie, want daarin omskryf U, hoe ons in verhouding met U moet staan en hoe ons, ons medemens moet behandel. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die skille van ons oë sal verwyder sodat ons die Waarheid van U Woord kan sien en verstaan. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 3, 2026
19. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. *** Kern gedeelte: "maar die sonde wat in my woon" Ons bly terug gaan na dit wat verkeerd, na die sondes van die verlede. Ons is reeds skoongewas deur die bloed van JESUS CHRISTUS, maar dan gaan rol ons weer soos 'n skoongewaste vark in die modder. Ek het al baie hieroor gesit en nadink, hoekom ons doen wat ons doen en dan kom Paulus vanoggend en verduidelik dit baie duidelik wanneer hy sê: dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Dit is omdat ons nog sondes het wat ons koester, diep weggesteek het en van tyd tot tyd roep ons dit weer op! Laat ons besef, Skoon is skoon, vuil is vuil, en ons is of die een of die ander. Laat ons vandag ons sondes bely en plaas dit wat verby is in die verlede. ------- GEBED. VADER, voor U kom belei ons vanoggend ons sondes waaraan ons tot nou toe nog vasgeklou het. Gee ons asb die krag om te breek met die sondes wat ons nog gebonde hou. Ons vra dat U sal vrymaak deur U Seun, want dan sal ons waarlik vry wees. Laat ons nie weer sal swig voor die versoekings van die "verderwer" nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan en te lewe met U Naam op ons lippe. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 2, 2026
15. sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. *** Kern gedeelte: "sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie" Ons het absoluut geen verskoning nie, want vanoggend ontvang ons die bevestiging dat elkeen die geleentheid gegun word om die ewige lewe te verkry! Laat ons ophou om swak verskonings te maak hoekom ons nog besig is met dit wat ons weghou van GOD se voete, ons beroof van ons geleentheid om gered te word. Almal weet dat ons Verlosser Sy lewe gegee het aan die kruis sodat ons gered kan word. En so is dit met ook met hierdie boodskap! Ek kan die boodskap tot op jou skerm bring, maar die keuse is in jou hande. Slegs jy kan die beluit neem en die eerte tree gee in ons Skepper se Verlossing plan, deur JESUS CHRISTUS, ons Verlosser en Saligmaker. ------- GEBED. VADER, ons is wel besus hiervan, maar elke dag gaan ons deur met die gedagte dat môre vir ons gewaarborg is. Ons ry op U genade se rug omdat ons nog die weë van die wêreld geniet en nie daarmee wil breek nie! Laat ons asb vandag 'n GOD geleide besluit maak, 'n besluit weg van die wêreld en binne U plan vir ons lewe. Laat ons asb in U roeping vir ons lewe begin beweeg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal aangryp sodat ons tot verhaal sal kom en wegdraai van die weë van die "verderwer". Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 1, 2026
11. terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie. 12. Maar hulle sal, omdat hulle belaster wat hulle nie ken nie, soos redelose diere wat die natuur volg, gebore om gevang en vernietig te word, in hulle verdorwenheid te gronde gaan 13. en die loon van die ongeregtigheid ontvang. Hulle ag die weelderigheid oordag 'n genot; hulle is skandvlekke en smette, weelderig in hul bedrieërye as hulle met julle saamsmul; *** Kern gedeelte: "in hulle verdorwenheid te gronde gaan" Soveel leringe daar buite leer, dat as jy JESUS CHRISTUS met jou mond bely, sal dit met jou net goed gaan, en jy kan maar lewe soos jy wil, jy sal hemel toe gaan! Voorspoed preke is seker nodig solank jy in mense se beursies en bank rekeninge wil inkom, maar dit gaan nie 'n siel red nie! As jy met my verskil, laat dit so wees, maar die waarheid sal jou vrymaak. Nee, ek is nie 'n doem profeet nie, maar sekere mense gaan die ewige lewe mis omdat hulle vals leringe navolg en nog in die weë van die wêreld vasgevang is. Bekeer jou, aanvaar JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, draai jou weg van die sondes van die wêreld en lewe jou lewe gevestig in GOD. Laat die wat nie wil luister nie, aanhou leef soos hulle leef en die loon van die ongeregtigheid ontvang. ------- GEBED. VADER, die waarheid is nie altyd mooi en sag op die ore nie, maar dit bly die waarheid van U Woord. Maak asb ons harte oop vir die waarheid, laat ons nie in ons gees, die waarheid onderdruk nie. U sê in U Woord, wees heilig want Ek is Heilig, en daarom kan ons nie in die goddeloosheid van hierdie wêreld voortleef nie. Gee ons asb die krag om ons van ons verkeerde weë te bekeer. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Waarheid in elke situasie na vore sal kom. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
March 31, 2026
1. Here, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? *** Kern gedeelte: "Here, wie mag vertoef in u tent?" Vanoggend se teksvers gedeelte van die boodskap is kort, want ek het net die vrae ingesluit, maar die antwoord gedeelte soos hieronder gelys kom uit die res van Psalms 15. • Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; * wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; * in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die Here vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie; * wat sy geld nie gee op woeker en geen omkoopgeskenk aanneem teen die onskuldige nie. * Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. Self ondersoek is aan die orde van die dag, want slegs elkeen van ons sal weet of ons in die teenwoordigheid van die HERE kan vertoef, en of die Heilige Gees welkom is by ons, in 'n hart gevul met die waarheid, onpartydige opregtheid en die liefde van GOD. ------- GEBED. VADER, U maak dit so duidelik in U Woord dat hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel in ewigheid nie. Daarom pleit ons vanoggend by U voete dat U ons sal rig deur die inwerking van U Heilige Gees om ons tekortkomimge aan ons uit te wys. Ons weet dat elkeen van ons eiewys is, in ons eie oë en daarom kan ons die splinter in 'n ander se oog sien maar die balk in ons eie oog kyk ons mis. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig na 'n lewe van onpartydige opregtheid. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings