MATTHÉÜS 23:23, 26, 28 AFR53
23. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
26. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
28. So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
***
Kern gedeelte:
"die reg en die barmhartigheid en die trou"
So dikwels vra ek myself die vraag af, staan ek nog in GOD se geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid teenoor ons naaste.
Ons kan bid, Bybel lees, sel groepe en bid ure bywoon en kerk toe gaan, dit is die voorfront van ons geestelike voeding, maar wat is ons optrede wat daaruit spruit.
Hier verwys JESUS CHRISTUS presies na dit wanneer Hy sê:
die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
Dit is gesond om gereeld nabetragting te doen, te sien of ons nog na die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid soek, want die een kan nie sonder die ander nie.
-------
GEBED.
VADER, open asb ons oë vir ons eie foute en laat ons nie van buite skoon lyk maar binne vol ongeregtigheid en geveinsheid wees nie. Ons vra asb dat U Heilige Gees ons sal lei sodat ons die beker binne en buite sal skoonmaak, laat ons nie nie net praat van geregtigheid en barmhartigheid nie, maar dat ons dit sal begin uitleef binne U Wil en U Weg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reg, geregtigheid en barmhartigheid in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






