MATTHÉÜS 14:15-18 AFR53
15. En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.
16. Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.
17. Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.
18. En Hy sê: Bring dit hier vir My.
***
Kern gedeelte:
"En Hy sê: Bring dit hier vir My"
Ek het hierdie gedeelte reeds 'n paar keer oorgelees, oordink en die slotsom bly dieselfde, die dissipels kon nie die skare voed nie omdat hulle in hulle tekortkominge vasgekyk het instede daarvan om in geloof met dit wat hulle gehad het na GOD gegaan het.
Daarom het JESUS gesê, bring dit hier vir my, want die verskil tussen 'n verskoning en 'n wonderwerk lê in ons benadering tot GOD en om Hom te vertrou, om jou beperking in jou voorsiening te verander.
JESUS CHRISTUS, het die tekortkoming geneem, Sy oë opgeslaan na die hemel en nadat Hy GOD daarvoor gedank het kon Hy die skare voed.
Vanoggend, neem dit wat jy het, nader tot GOD in geloof en laat dit vir jou wees soos jy glo!
Moenie aanhou om jou in jou beperking vas te staar nie, want GOD voorsien in 'n oomblik.
-------
GEBED.
VADER, ons het so gewoond geraak daaraan om eerder verskonings te maak as in geloof tot U te nader. Wat as dit wat ek gaan probeer nie gaan werk nie, wat sal die mense dan sê. Gee ons asb vanoggend die krag, insig en geloof om dit wat ons het te neem, en dit aan U op te dra en dit dan te neem en daarmee voort te gaan want dit sal lei tot ons oorvloedige voorsiening.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die werk van ons hande sal seën, nie net vir ons eie behoeftes nie, maar ook tot die seën van ander.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






