MATTHÉÜS 15:18-20 AFR53
18. Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
19. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
20. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
***
Kern gedeelte:
"Want uit die hart kom daar"
Vanoggend wil ek dit duidelik maak, plaas 'n wag voor jou mond want die lewe en die dood is in die mag van die tong.
Maar die "wag" voor die mond stop miskien hier en daar 'n paar woorde, terwyl die woede, afguns, bitterheid, naywer, haat en jaloesie nog vlak in ons hart lê.
Belangriker as die wag voor die mond is dat ons, ons hart bewaar meer as enigeiets.
En die Woord van GOD maak dit baie duidelik, ons spreek dit wat tans in ons hart is, as jou hart gevul met JESUS CHRISTUS, kan jy nie langer aan hierdie wêreld gelykvormig praat of dink.
Ek hoef nie ander te oordeel nie, want as ons na ons eie woorde luister sal ons besef dat ons dalk nog steeds soos die wêreld klink.
-------
GEBED.
VADER, help ons asb dat ons woorde van lewe spreek, nie ter wille ander mense alleen nie maar ook ter wille van ons verhouding met U. Namate ons nader aan U beweeg deur U Seun, sal nie net ons taal gebruik verander nie maar ook ons gesindheid teenoor ander mense. Leer ons asb hoe om hierdie pad saam met U te stap.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n ander gesindheid van hart sodat ons woorde van opbou en stigting sal spreek
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






