MATTHÉÜS 12:43-45 AFR53
43. En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie.
44. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier.
45. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
***
Kern gedeelte:
"En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier"
Vanoggend wil ek sommer prontuit vra, waarmee is jy besig om jou huis mee te vul.
Sommige van ons sal 'n lang storie van die antwoord probeer maak omdat ons weet waarmee ons besig is om ons huis te vul.
Dit kan net een van twee dinge wees.
As jy nie daagliks gevoed word deur GOD se Woord nie, en jou huis nie gevul is met GOD se genade, liefde, vergifnis en onpartydige opregtheid nie, sal die "verderwer" die god van hierdie wêreld dit vul met leuns, onvergifnis, hartseer, bitterheid en allerhande verleidings en verslawings.
Hierdie boodskap het jou bereik vir 'n rede, gaan besin oor die dinge waarmee jy besig is, bid GOD vir krag om dit te laat gaan, in JESUS Naam!
Die dag van môre is ons nie gewaarborg nie, maar as jy hierdie lees of luister, dan het jy vandag nog die kans.
Laat vandag jou mylpaal van verandering wees.
-------
GEBED.
VADER, ons is nou eers twee weke in hierdie jaar in, en reeds het ons, ons nuwejaars voorneme in die drein laat afspoel en verval ons weer in die gewoontes van hierdie wêreld. Gee ons asb die krag om vandag daarmee klaar te maak, ons huis skoon te maak, U Heilige Gees in ons lewe in te nooi sodat ons huis gevul sal wees met U Heerlikheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U hulp om ons huis en ons lewe skoon te maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






