ESTER 9:25 AFR53
25. Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.
***
Kern gedeelte:
"op sy eie hoof moes neerkom"
Ons dien 'n GOD wat nie slaap nie, die bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.
Waar ons is, mag mense teen ons opstaan, teen ons saam smee om ons ondermyning te bewerkstellig, maar die finale sê is in GOD se Hand.
Daarom mag jy nooit op die arm van vlees steun nie.
GOD sal jou uitred met Sy reddende regterhand, Hy sal jou oprig, Hy sal jou bo jou vyande plaas, en GOD sal jou tafel dek teenoor jou teëstanders.
Let mooi op, teenoor jou teëstanders, nie in hulle afwesigheid nie.
Hulle sal jou vooruitgang aanskou, maar self, kan hulle niks daaraan nie nie.
En dit wat hulle teen jou beplan het, sal ons VADER, op hulle eie hoofde laat neerkom.
Moenie probeer om weerwraak te neem nie, laat die saak in GOD se hande, lewe voluit tot die eer van GOD, volhard in Sy onpartydige opregtheid en sien hoe jou situasie net beter en beter word.
-------
GEBED.
VADER, ons sien hoe die mens teen ons begin inwerk, maar dit bekommer ons nie want U is in beheer. Dankie dat U na ons omsien in elke situasie, en U gebruik die klippe wat mense na ons gooi, om vir ons huise van seëninge te bou. Dankie dat ons in U Hand van beskerming kan lewe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir reën in areas wat dit so nodig het.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https:tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






