MATTHÉÜS 12:25-26 AFR53

January 14, 2026

25. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

26. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?


***


Kern gedeelte:

"wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie"


Moenie verdeeldheid in jou huis, in jou lewe, of jy verhoudings toelaat nie.

Verdeeldheid kom nie soveel van die buitekringe as van die binnekringe nie.

Soos die gesêgde sê:

Die makste honde byt die seerste.

Let op na die persoon wat alles probeer beheer, wat met alles teen die bors wil lewe, en aan ander geen plek in die son wil gee nie.

Hulle is slegs besorgd oor hulle eie gewin, en om dit te bereik saai hulle verdeeldheid om jou aandag op hulle gefokus te hou.

Daarom stel die Engelse gesêgde, Divide and rule, dit so kort en kragtig.

Gaan sit net stil en besin hieroor, bid en laat GOD jou oë open.


-------


GEBED.


VADER, verwyder asb die gees van verdeeldheid in ons lewe, sodat ons van vandag af weer in eenheid voor U kan kom, want dan sal ons in eenheid, in hierdie lewe kan staan. Laat ons ook nie verdeeldheid veroorsaak deur die sonde van van hierdie wêreld met U onpartydige opregtheid, U geregtigheid te probeer meng. Laat ons deeglik besef, sonde is sonde en daar is geen manier om dit goed te praat nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U aan ons 'n gees van onderskeiding sal gee.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

January 13, 2026
[18] Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het 'n duiwel. [19] Die Seun van die mens het gekom — Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders. *** Kern gedeelte: "en hulle sê: Hy het 'n duiwel" Waar mense jou "nodig" het, sal hulle jou ophemel, gebruik en misbruik, maar as jy die kraantjie toedraai of as die omstandighede verander so jy nie meer kan help nie, dan kom die ware kleur van die mens na voorskyn. Dink mooi, as mense dit van JESUS CHRISTUS gesê het, hoeveel te meer sal oor jou en my gesê word. Laat die opinies van mense oor jou, soos water van 'n eend se rug afrol. Stap hierdie pad saam met GOD, ken hom in al jou weë, en lewe in Sy onpartydige opregtheid. Luister na die teregwysing van mense wat waarde bydra in jou lewe, maar sluit die konstante geraas, kritiek en oordeel van die wêreld uit. Onthou altyd, wat mense sê, is hulle opinie en laat hulle daarby hou! Maar moenie toelaat dat hulle opinie, jou realiteit word nie. ------- GEBED. VADER, leer ons asb vandag dat nie elke woord of uitlating van mense 'n antwoord nodig het nie. Leer ons asb hoe om situasies, wat geen waarde in ons lewe het nie, te hanteer sodat ons nie meugesleur word deur die opinies en kritiek van mense nie. Ons bid vir U leiding en laat ons asb daarteen waak, sodat ons nie eiewys sal wees, en ons eie kop sal volg nie. Laat U Heilige Gees ons asb versterk sodat ons staande sal bly teen die aanslae van die "verderwer". In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van die woorde wat ons in 'n slegte gesindheid teenoor ander gespreek het. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 12, 2026
23. EN toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. 24. En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. 25. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan! 26. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom. *** Kern gedeelte: "Waarom is julle bang, kleingelowiges?" Net soos 2025 sy eie storms gehad het, tye van hartseer, moeilikheid, tye van beproeiwings en die wêreldse uitdaging, sal 2026 ook met sy eie uitdagings na vore kom. Ons raak so maklik deur die storms oorweldig, deur vrees beetgepak, ons raak negatief in ons gemoed en sien dan geen uitkoms nie. Een stelling wat ons moet onthou hierdie jaar is, Laat gaan, en laat GOD. Laat gaan jou storms, gee dit vir GOD, laat Hy daarmee deel, en jy sal ook kan sê, ek dien die GOD wat groter is as my storms, want Hy maak ook die storms in my lewe still. As jy jou probleme voor GOD se voete geplaas het, laat dit dan daar wanneer jy van die gebed vloer af opstaan! Moenie alles saamsleep nie, want jou bagasie gaan vir jou te swaar word. ------- GEBED. VADER, waar ons nog aan die begin van 'n nuwe jaar is, vra ons vir die inwerking van U Heilige Gees in ons lewe. Leer ons asb hoe om ons probleme en bekommernisse te laat gaan. Gee asb dat ons in moeilike tye U kalmte sal ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Waak asb oor ons sodat ons aan die "verderwer" geen ge-opende deur sal gee nie. In die Naam van ons meester YESHUA, bid is vir elkeen wat vanoggend met twyfel in hulle hart loop. Maak asb hulle storms stil. Amen. ••••••••  https://tentvamekoms.co.za Sel: +2771 628 3107
January 9, 2026
14. Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15. en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. 16. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. *** Kern gedeelte: "Laat julle lig só skyn voor die mense" Ek luister na 'n gedeelte oor Ligtorings en die besef kom by my op, Ligtorings is daar geplaas vir 'n rede. Die ligging van so 'n toring is nie normaalweg ideal nie, maar dit is in areas waar skepe deur storms in die moeilikheid beland en die Ligtorings help om die skepe veilig te hawe te laat inkom. So word ons ook geplaas in minder ideale plekke, maar bly jy net waar GOD jou geplaas het, want mense wat koers en rigting nodig het deur GOD se Woord sal oor jou pad kom. Hulle sal hulle rigting vind in die Lig van JESUS CHRISTUS wat deur jou skyn. Moenie wegbeweeg van waar GOD jou geplaas het nie, en moenie rondval, na mense gaan soek wat jy dink dat hulle hulp nodig het nie. Staan vas, lewe in GOD, laat Sy Lig skyn, en die mense wat in storms beland het, sal deur jou weer hulle rigting na GOD terugvind. ------- GEBED. VADER, U is ons Rots en ons Vesting, en in U is ons hoop om staande te bly. Laat ons nie deur ondankbaarheid, onsekerheid en ontevredenheid ons posisie verlaat of ons grond gebied opgee wat U vir ons bestem het nie. Laat U Heilige Gees ons asb versterk sodat ons, waar ons geplaas is staande kan bly. Laat U Lig sonder ophou deur ons skyn vir ander om te sien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig wanneer ons moet bly en wanneer dit tyd geword het om aan te beweeg. Amen. •••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 8, 2026
16. Wees altyddeur bly. 17. Bid sonder ophou. 18. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 19. Blus die Gees nie uit nie. 20. Verag die profesieë nie. *** Kern gedeelte: "Wees in alles dankbaar" As jy vanoggend wakker geword het met negatiewiteit in jou, en jy voel miskien dat alles net verkeerd loop, jy voel jy kan nie meer nie, dan is dit tyd om net te stop, alles te los en vir GOD dankie te sê. Dankie vir die gesondheid om vanoggend te kon ontwaak. Dankie vir oë om hierdie boodskap te kan lees. Dankie vir 'n dak oor ons kop en 'n bed om in te kon slaap. Dankie vir voorsiening en dankie vir 'n werk. Dankie vir mense wat ons ondersteun. Dankie vir ons vyande want deur hulle ons hoe om ander mense binne GOD se geregtigheid te hanteer. As jy in 'n gesindheid van dankbaarheid begin beweeg, sal jy verbly wees in dit wat jy het, instede daarvan om negatief en ongelukkig te wees oor dit wat jy nie het nie. Neem net so oomblik en dink mooi na oor dit wat ek vanoggend sê. ------- GEBED. VADER, ons ongelukkigheid lê dikwels in ons soeke na meer. Leer ons asb, en gee ons asb 'n gesindheid van dankbaarheid. Laat ons nie bekommerd wees oor die dag van môre nie, want die dag van môre het sy eie probleme. Vanoggend wil ons ophou kla oor ons tekortkominge en dankie sê vir dit wat ons het. Leer ons asb dat die lewe gaan nie daaroor om alles te kry wat ons wil hê nie, maar dat ons dankbaar en vergenoegd moet wees met dit wat ons reeds het. In die Naam van ons Meester YESHUA, dankie ons U vir hierdie nuwe dag met nuwe geleenthede. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 7, 2026
2. En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword. 3. En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word. 4. Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. *** Kern gedeelte: "Die mens sal nie van brood alleen lewe nie" Die lewe gaan nie net oor werk, en die liggaam gaan nie net oor brood nie. Hierdie is dinge wat in GOD se beheer is, en as jy geseënd is met werk en jou inkomste is genoegsaam, dank GOD daarvoor in JESUS CHRISTUS. Maar as jy vanoggend soek na die voedsel wat lei tot bekering, weg van die sonde, na die ewige lewe, sal jy dit vind in die Woord van GOD. Namate ons deur GOD se Woord gevoed word, sal ons behoefte na dit wat die wêreld bied verloor, totdat ons die punt bereik waar Habakuk was toe dit met hom minder goed gegaan het, kon hy nog steeds sê: Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie, nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil. ------- GEBED. VADER, dankbaar kom ons voor U vanoggend, want U voorsien en U versorg. Daar mag miskien tye gewees het wat dit minder goed gegaan het, maar deur U Woord het ons die krag gekry om alles te oorkom. Dankie dat U ons geleer het dat ons nie van brood alleen sal lewe nie maar van elke Woord wat uit U mond uitgaan. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk sodat ons ook nee kan sê vir versoekings wat ons pad sal kruis. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
January 6, 2026
12. Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete. 13. Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. *** Kern gedeelte: "en daar is min wat dit vind" Om GOD te dien moet ons somtyds die keuse maak om die pad alleen te stap, want nou is die pad en min sal dit vind. Die harde realiteit is dat niemand gaan saam met ons staan wanneer ons voor die Witroon oordeel van GOD gaan staan nie. Vriende, familie, eggenote of besigheids vriende wat jou van die pad af gelei het, gaan nie namens jou verantwoording doen nie. Maak jou keuses en sny jou af van die dinge van hierdie wêreld, verloor eerder nou wat jy moet verloor deur jou keuse om GOD te dien, as wat jy jou siel verloor in die ewige verderf. Elke aksie het 'n reaksie, en elke keuse het 'n nagevolg. Kies dus om die pad saam met GOD te stap, kies om op die nou pad te bly en laat die ander hulle eie keuses maak. ------- GEBED. VADER, waar ons vanoggend voor U staan weet ons waar ons begin dwaal het, ken ons die keuses wat ons gemaak het wat ons weggelei het van ons dieper verhouding met U. Ons kan die skuld pak op wie ons wil, maar aan die einde van die dag was dit ons keuse. Gee ons asb die krag om hierdie keuse terug te draai, reg te maak sodat ons weer binne U Wil vir ons lewe, kan lewe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sonde, van ons swak lewens keuses. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings