MATTHÉÜS 13:29-30 AFR53
29. Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.
30. Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
***
Kern gedeelte:
"Laat altwee saam groei tot die oes toe"
Jy is waar jy is vir 'n rede, self as jy voel jy hoort nie daar nie.
Waar jy is, is waar GOD jou geplaas het, en miskien voel dit op hierdie stadium dat jy nie langer hier hoort nie.
Jy is verkeerd, want jy is geplant in die saailand van GOD en die onkruid in jou lewe word deur die "verderwer" daar geplaas om jou te verdring, om jou uit jou grond gebied uit te stoot.
Maar GOD maak dit in Sy Woord duidelik, hou aan groei waar jy geplant is en as die groei tyd verby is, en jy lewer 'n oes sal GOD die onkruid uit jou lewe uitsif.
Vir nou moet jy bly waar jy is, aanhou groei tot die oestyd toe.
Wat jy dalk nie besef nie, is dat die onkruid wat rondom jou geplant is, ' n sekere mate van beskutting bied teen die elemente, die aanslae van die lewe, en daarom sal GOD hulle toelaat om daar te bly want tans is dit dalk jou behoud.
-------
GEBED.
VADER, ons wil graag onmiddelik die onkruid, die mense wat nie hier hoort nie verwyder, maar min wetend word dit toegelaat vir 'n rede. Gee ons asb die krag, wysheid, insig en gehoorsaamheid om nie op die onkruid rondom ons te fokus nie maar om aan te hou groei ter ere van U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat siek is, lê asb U Genesende hand op elkeen.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






