II KORINTHIËRS 10:3-4 AFR53
3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur GOD om vestings neer te werp,
***
Kern gedeelte:
"maar kragtig deur GOD"
As die woorde so bietjie byt vanoggend, laat dit dan so wees!
Waar jy GOD betrokke maak, sal jy oorwin, maar sonder GOD in jou lewe, sal jy in struikeling eindig.
Ons wil so graag op onself roem, maar ons kan nie eers ons volgende asemteug waarborg nie.
En as jy vandag moet roem, roem dan in GOD, deur Sy Seun JESUS CHRISTUS, wat alles vir jou moontlik gemaak het, vir jou die verlossing gebring het en jou terug gelei het na GOD toe.
In ons eiewysheid mag ons dalk gedink het, dat ons het alles tot hier toe hanteer, maar ons was nie bewus van die aller-om beskermde teenwoordigheid van ons Skepper nie.
Miskien moet ons net vir 'n oomblik terug dink hoe GOD ons versterk, gedra en beskerm het tot waar ons vandag is.
Aan ons GOD al die lof, en eer, en laat ons Sy Naam grootmaak.
-------
GEBED.
VADER, waar ons vandag voor U stilraak, word ons so mooi daaraan herhinner waar ons krag vandaan kom. Min besef ons eintlik dat U kragtig deur ons werk om die aanslae teen te staan, terwyl ons soms nie eers daarvan bewus was nie . Ons dank U vanoggend dat U ons lei deur die inwerking van U Heilige Gees, en ons beskerm waar ons magteloos voor die "verderwer" staan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir die beskerming, leiding, wysheid en insig waar U ons daagliks gee op ons lewenspad.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






