I KORINTHIËRS 3:13-14 AFR53
13. elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
14. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;
***
Kern gedeelte:
"elkeen se werk sal aan die lig kom"
Soveel mense dink dat hulle met dinge weggekom het en niemand weet daarvan nie.
Maar hier is die realiteit, ons werke sal beproef word, ons sal rekenskap gee vir elke gedagtes, aksie en gewoonte.
Sommige van ons lewe asof ons vir ewig gaan lewe, en nooit verantwoording gaan doen vir ons dade nie, maar vanoggend is die boodskap duidelik.
Stop waarmee jy besig is want jy is geweeg maar jy is te lig bevind.
Die tyd loop uit, bekeer jou terwyl die geleentheid nog daar is, want die dag van môre is ons nie gewaarborg nie.
Moenie uitstel nie, neem vandag JESUS CHRISTUS aan as jou Verlosser en Saligmaker.
Laat Sy Lig vandag oor jou begin skyn vir die wêreld om te sien!
--------
GEBED.
VADER, soms moet ons hoor dat ons weer van die pad af gedwaal het en weer in die werke van die wêreld betrokke geraak het. Ons kan dit probeer wegsteek, maar U Woord sê dit duidelik, dat alles aan die lig sal kom, en ons werke sal beproef word. Vergewe ons asb ons swakheid en ons dwaling.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bely ons vanoggend ons sondes, en vra vir vergifnis.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.ca
Sel: +27716283107






