I KORINTHIËRS 15:57-58 AFR53

December 8, 2025

57. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

58. Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.


***


Kern gedeelte:

"wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus"


Het jy al gevoel jy kan nie meer nie, dinge raak te moeilik en jy wil opgee, maar aan die einde van die dag, week of maand, as jy terugkyk, het jy jou berg van probleme oorkom.

So ook wanneer ons in die Woord van GOD lewe, die Woord van GOD verkondig, daar sal dae kom wat ons vra, maak dit ooit 'n verskil, is dit die moeite werd om aan te gaan.

Vroeër in die bediening het ek myself moeg geworstel, dikwels gebid en gevra hoekom GOD my nie kerk toe stuur nie, en die antwoord wat ek ontvang het was eenvoudig!

Werk jy waar ek jou geplaas het!

Paulus het ook nie in 'n kerk gebou gesit en wag dat mense na hom toe kom nie!

Ek vra nie meer hoekom ek voltyds moet werk en terselfdetyd in die bediening moet staan nie want ek weet dat waar ek ook vandag mag gaan, GOD sal iemand stuur wat nodig het om Sy Woord te hoor en GOD stuur dit reguit na daardie persoon se werksplek.

Waar jy ookal vandag mag gaan, hou GOD se Woord lewend op jou lippe, en lewe met die wete dat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.


-------


GEBED.


VADER, dankie vir nog 'n dag, nog 'n geleentheid om U Woord uit te dra, en mag hierdie woord bekleed wees met U Krag, Genade, Outoriteit en Seën sodat dit 'n verskil sal maak, waar dit ookal gelees of geluister mag word. Laat ons nooit moeg word om U Woord uit te dra, te verkondig nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir ons gesinne, want die "verderwer" weet dat 'n gesin in GOD gevestig, is onbreekbaar.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

April 9, 2026
26. En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge. 27. En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree. 28. En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. *** Kern gedeelte: "dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk" Ons is wel in die wêreld, maar ons is nie van die wêreld nie, daarom sal ons die probleme en teëspoed van die wêreld ervaar. Ons kan egter kies of ons die probleme gaan beheer deur ons geloof in GOD, deur te luister na die leiding van die Heilige Gees en in gehoorsaamheid aan GOD se opdragte en uitkomste te beweeg. Of kan ons toelaat om deur die probleme oorheers te word, waar ons in vrees rondskarrel, na grashalms gryp en op die arm van die vlees probeer steun. Moenie vanoggend rondgeslinger word deur omstandighede nie, maar laat ons voor GOD buig in gebed, want daar sal ons, ons standvastigheid vind. Nie omdat ons goed is nie, maar omdat GOD groot is! ------- GEBED. VADER, dikwels gaan dit moeilik en ons sien nie die uitkoms wat U beplan, die pad wat U vir ons uitgelê het nie. Ons word deur vrees verblind, en paniek neem ons logiese denke oor. Laat ons asb vandag berus in die situasie waarin ons tans is en laat U Heilige Gees ons op die pad begin lei waar alles ten goede sal meewerk vir die wat U liefhet. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte in ons gemoed, standvastigheid in ons hart. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 8, 2026
8. Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. 9. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees. *** Kern gedeelte: "Bedink dit" Watter gedagtes bedink jy tans oor jou lewe, jou gesin, jou finansies en jou gesondheid. Negatiewe denke ly tot negatiewe dade, en wat jy glo sal vir jou so wees. Daarom sê JESUS CHRISTUS vir ons, Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Maar ons glo ons gaan dit nie maak nie, ons glo ons is nie goed genoeg nie, ons glo nie eers meer dat hier hoop vir 'n toekoms in ons land is nie! Laat ons vanoggend ons negatiwiteit voor GOD bely, sodat ons hierdie dag met 'n nuwe gemoed kan ingaan, met gedagtes van oorwinning, oorvloed, vrede en vreugde. Doen dit sodat ons GOD van vrede ook met jou kan wees! ------- GEBED. VADER, soms beleef ons terugslag op terugslag, en in ons gemoed raak ons negatief want die "verderwer" die vader van die leuen sal vir ons bly sê, jy is nie goed genoeg nie, jy gaan dit nie maak nie! Maar U sê vir ons, U het reeds hierdie wêreld oorwin, en ons weet dat groter is Hy wat in ons is, as hy wat in die wêreld is. Dankie dat ek vandag my gesindheid en my uitkyk op die lewe kan verander. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees elkeen sal versterk wat oorweldig voel deur die probleme van die wêreld. Amen.  ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 7, 2026
3. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, 4. sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. 5. Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, 6. sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, 7. en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, 8. en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. *** Kern gedeelte: "en hulle vertroue op God kan stel" Hoekom is ons land in die toestand wat dit is, en hoekom het ons jeug, ons kinders geen hoop op die toekoms nie? Omdat ons as ouers hulle nooit geleer het van die Lewende GOD van ons vaders nie. Ons het geen hoop nie, want ons ken Hom nie, die toekoms lyk donker want ons ken nie ons Redder en Verlosser nie. Wat gister gebeur het is verby, en as ons nie ons kinders van GOD geleer het nie, aanvaar dit so, maar begin vandag om jou kinders die weg van die Waarheid te leer, kry jou gesin terug by die voete van GOD, en vertrou Hom vir die toekoms wat geen mens jou kan bied nie. As sake vanoggend vir ons duister en donker lyk, is dit waarskynlik omdat die Lig van JESUS CHRISTUS nie in ons huise en ons lewens skyn nie. Word vandag 'n Ligdraer van jou Verlosser en Saligmaker, en sien hoe ons hele land sal terugdraai na GOD, hoe ons toekoms in Suid-Afrika herstel word en ons weer die land van melk en heuning sal wees. Onthou: die verandering begin by jou! ------- GEBED. VADER, U lê die boodskap op ons hart, dit is tyd. Tyd vir verandering, tyd om op te staan in U Naam. Nie deur krag en geweld nie, maar deur U Heilige Gees wat verandering en herstel sal bring, want waar U begin werk kan geen mens dit stop nie. Gee ons asb die krag om ons kinders te leer dat U Hand nooit te kort is nie, en dat ons toekoms deur U bevestig word. In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons oorwinning oor die bose wat tot nou toe deur verdeeldheid geheers het in ons huise, ons lewens en ons land, want die tyd van Eenheid het aangebreek. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 6, 2026
19. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word. 21. sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. *** Kern gedeelte: "deur die geregtigheid tot die ewige lewe" Mense verskil met my wanneer ek sê dat Mattheus 6:33 is vir my die kern gedeelte van GOD se Woord oor hoe ons moet leef! Soek eers die koningkryk van GOD en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word! As jy nie JESUS CHRISTUS, aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker nie, as jy GOD nie liefhet met jou hele hart, hele siel en hele verstand nie, en jou medemens hanteer binne GOD se onpartydige opregtheid nie, dan kan jy die kerk banke volsit van Dinsdag tot Dingaan's dag, en dit gaan jou niks baat nie. Ons kan nie GOD in waarheid dien as ons daagliks ons medemens vertrap nie. Die boodskap is duidelik: soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur JESUS CHRISTUS, onse HERE. Oordink hierdie woord, bid daaroor en laat die Heilige Gees die sluier voor ons oë verwyder. ------- GEBED. VADER, U Woord is so eenvoudig dat selfs kinders dit kan verstaan, maar ons kompliseer alles, ons gaan soek wat nie daar moet wees nie, ons dwaal in ons verhouding met U, en verwaarloos ons verhouding met ons medemens. Ons weet en besef nie dat U Tien Gebooie juis vir hierdie doel vir ons gegee is nie, want daarin omskryf U, hoe ons in verhouding met U moet staan en hoe ons, ons medemens moet behandel. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die skille van ons oë sal verwyder sodat ons die Waarheid van U Woord kan sien en verstaan. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
April 3, 2026
19. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. 20. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. *** Kern gedeelte: "maar die sonde wat in my woon" Ons bly terug gaan na dit wat verkeerd, na die sondes van die verlede. Ons is reeds skoongewas deur die bloed van JESUS CHRISTUS, maar dan gaan rol ons weer soos 'n skoongewaste vark in die modder. Ek het al baie hieroor gesit en nadink, hoekom ons doen wat ons doen en dan kom Paulus vanoggend en verduidelik dit baie duidelik wanneer hy sê: dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon. Dit is omdat ons nog sondes het wat ons koester, diep weggesteek het en van tyd tot tyd roep ons dit weer op! Laat ons besef, Skoon is skoon, vuil is vuil, en ons is of die een of die ander. Laat ons vandag ons sondes bely en plaas dit wat verby is in die verlede. ------- GEBED. VADER, voor U kom belei ons vanoggend ons sondes waaraan ons tot nou toe nog vasgeklou het. Gee ons asb die krag om te breek met die sondes wat ons nog gebonde hou. Ons vra dat U sal vrymaak deur U Seun, want dan sal ons waarlik vry wees. Laat ons nie weer sal swig voor die versoekings van die "verderwer" nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan en te lewe met U Naam op ons lippe. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
April 2, 2026
15. sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 16. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. *** Kern gedeelte: "sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie" Ons het absoluut geen verskoning nie, want vanoggend ontvang ons die bevestiging dat elkeen die geleentheid gegun word om die ewige lewe te verkry! Laat ons ophou om swak verskonings te maak hoekom ons nog besig is met dit wat ons weghou van GOD se voete, ons beroof van ons geleentheid om gered te word. Almal weet dat ons Verlosser Sy lewe gegee het aan die kruis sodat ons gered kan word. En so is dit met ook met hierdie boodskap! Ek kan die boodskap tot op jou skerm bring, maar die keuse is in jou hande. Slegs jy kan die beluit neem en die eerte tree gee in ons Skepper se Verlossing plan, deur JESUS CHRISTUS, ons Verlosser en Saligmaker. ------- GEBED. VADER, ons is wel besus hiervan, maar elke dag gaan ons deur met die gedagte dat môre vir ons gewaarborg is. Ons ry op U genade se rug omdat ons nog die weë van die wêreld geniet en nie daarmee wil breek nie! Laat ons asb vandag 'n GOD geleide besluit maak, 'n besluit weg van die wêreld en binne U plan vir ons lewe. Laat ons asb in U roeping vir ons lewe begin beweeg. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal aangryp sodat ons tot verhaal sal kom en wegdraai van die weë van die "verderwer". Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings