I KORINTHIËRS 11:11-12 AFR53
11. En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie.
12. Want soos die vrou uit die man is, so is ook die man deur middel van die vrou; maar alles is uit God.
***
Kern gedeelte:
"maar alles is uit GOD"
In soveel huwelike wil die een belangriker wees as die ander, en die een wil die ander domineer, terwyl leiding deur GOD se Woord, die huwelik bevestig.
Ja die man is die hoof van die huis, soos Christus die hoof van die man is, maar as ons nie in en deur dit GOD in alles eerste stel nie, sal niks werk nie, sal alles tevergeefs wees.
Ons dien 'n GOD van orde en die orde begin soos volg.
GOD eerste en dan die res.
As GOD die kern van ons huweliks verhouding is, sal geen aanslae ons uit ons wentel baan van huweliks standvastigheid verwyder nie.
-------
GEBED.
VADER, U ken ons swakheid, en U weet dat ons, onself belangrik wil laat ag, juis omdat ons onseker is oor onself, ons probeer opgeblase wees, juis omdat ons 'n swak selfbeeld het. Gee ons asb die krag om ons vrede in U te vind. Ons gee vandag die leisels aan U oor, laat U ons plaas in die posisie waar ons moet wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons vir genesing, redding en uitkoms waar dit vanoggend nodig is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






