TITUS 2:1-2 AFR53
1. MAAR spreek jy wat by die gesonde leer pas.
2. Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
***
Kern gedeelte:
"Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid"
Vandag wil ek met die ouer manne praat en ek wil praat oor ons gedrag, die voorbeeld wat ons stel vir die jonger volwassenes.
Sien hulle Lig van JESUS CHRISTUS wat deur jou skyn om die wêreld te verlig, ervaar hulle die standvastigheid van jou geloof in GOD?
Of lewe jy nog in die gewoontes van die wêreld, waar jy nog vasgevang is in die weë van die "verderwer".
Jy kan wel mense tydelik om die bos lei met mooi woorde en skynheilige optrede.
Maar weet, Olie is olie, en water is water, en wanneer die houer begin uitloop is die een tot lewe vir die grond en die ander tot die skade daarvan.
So ook jou karakter, die een sal tot lewe en opbou in GOD wees, en die ander sal tot die verderf van die mense rondom jou lei.
Word stil, ondersoek jouself, en laat die Heilige Gees in jou, jou aankla.
-------
GEBED.
VADER, hoe maklik raak ons nie aan die wêreld gelykvormig deur ons woorde en optrede nie. Die skeidslyn tussen U kinders en die kinders van hierdie wêreld het amper onsigbaar geword, en ons woorde en optrede is 'n bewys hiervan. Gee ons asb die krag om vandag op te staan en te verklaar dat ons in U leef, en dat ons woorde en dade dit sal bevestig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sonde, die losbandigheid waarin ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





