NÚMERI 14:41-42 AFR53

January 6, 2025

41. Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42. Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.


***


Kern gedeelte:

"Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie"


Vanoggend, vroeg in die jaar wil ek net vir jou sê, moenie optrek, iets begin as jy nie die teenwoordigheid van GOD in jou lewe, in die saak ervaar nie.

Die Woord van GOD is baie duidelik in hierdie saak, as die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs bou die bouer, en as die HERE die stad nie bewaak nie, tevergeefs waak die wagter.

Moenie in hardkoppigheid of eiesinnigheid beweeg nie, want slegs GOD verander sake en omstandighede ten goede.

Soos die Israeliete, kan ons wel voortgaan nadat ons hierdie waarskuwing ontvang het, maar weet dat dit jou ten skade sal wees.

Soek eers GOD se teenwoordigheid in elke saak, en laat Sy Heilige Gees jou beweeg wanneer die tyd reg is.


-------


GEBED.


VADER, ons het baie planne en idees wat ons wil najaag en tot uitvoering bring, sonder dat ons U in elke saak ken. Sonder dat ons U raadpleeg, en belangriker nog, ons wag nie op U bevestiging nie, ons forseer deure oop en volg ons eie kop. Ons vra vandag, dat U ons teen ons eiesinnigheid sal beskerm en ons sal leer om nie 'n tree te beweeg as U nie in ons midde is nie.

In die Naam van ons Messter YESHUA, bid ons vir U Hand van beskerming oor ons.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

November 4, 2025
2. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. 3. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die leërskare. *** Kern gedeelte: "Maar vir julle wat my Naam vrees" Die wiel van die lewe hou nooit op draai nie en wat vandag bo is, is môre weer onder. Dit mag op die oomblik lyk of die goddelose vooruitgaan, of alles vir hulle regloop, maar skielik kom hulle tot 'n val en verloor alles. Maar al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan, opgerig deur GOD se reddende regterhand. Daarom wees standvastig in jou weë, wees konstant in jou optrede, wandel in GOD se pad van onpartydige opregtheid! Moenie wankel nie! Wees nederig voor GOD, en op die regte tyd sal Hy jou oprig. Weet egter verseker, vir die wat GOD se Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan. Die vraag is nie "of" dit sal gebeur nie, maar die stelling is "wanneer" dit sal gebeur. ------- GEBED. VADER, soms voel dit of ons in die dryfsand van die lewe vasgevang is, of ons stadig oppad is na nêrens, terwyl ons nie altyd besef dat ons vertraging juis tot ons beskerming is nie. As U seëninge vroeër gekom het, sou dit ons tot skade gewees het. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U son van geregtigheid wel oor ons lewe sal opgaan, en dat ons moet volhard in ons standvastigheid in U. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande teen die aanslae van die "verderwer". Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 3, 2025
10. EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 11. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. *** Kern gedeelte: "word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte" Voordat jy hierdie nuwe week ingaan, wil ek vir jou vra. Het jy jou versterk in die HERE en in die krag van Sy sterkte? Daar is net een een manier om dit te doen en dit is om tyd in Sy Woord te spandeer en in gebed voor GOD se voete te kom. Ons verhouding met GOD het verander van 'n diepe verhouding met GOD waar ons hom in alles geken het na 'n Tik Tok boodskap of Facebook kort video verhouding waar ons net na grashalms gryp. Kom weer in die roetine waar ons eerste deel van ons dag aan GOD toegewy word, en jy sal ervaar hoe GOD in jou lewe begin werk. Onthou nie net 'n kort boodskappie nie, maar trek die volle wapenrusting van GOD aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. ------- GEBED. VADER, in die begin van hierdie week bid ons dat U ons sal lei in ons keuse om U bo alles te kies, en laat ons breek van die gewoonte om U in die media te soek. Leer ons asb weer hoe om in 'n dieper verhouding met U te staan. Leer ons asb, GOD eerste en dan die res. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om die regte keuse te maak in ons verhouding met U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 31, 2025
7. DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. 8. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; 9. want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. *** Kern gedeelte: "sotte verag wysheid en tug" Al ooit die antwoord gehoor? Dit is my lewe, ek kan daarmee maak wat ek wil en ek kan lewe soos ek wil. Die probleem met die persoon is dat hy nog nie verstaan, dat hy nie verstaan nie? Daarom sê die Woord van GOD, sotte verag wysheid en tug. In tyd sal die meule van lewe sy tol eis, en 'n dieper begrip sal ontwikkel, en eers dan sal die persoon tug en teregwysing aanvaar. Maar vir nou, laat hom begaan, laat hy sy kop stamp. As hy nie eers respek vir homself het nie, hoe sal hy dan respekvolle vrees vir GOD hê? ------- GEBED. VADER, tyd is 'n goeie leermeester, maar spyt kom altyd te laat. Gee ons die krag en standvastigheid en deursettings vermoë en nee te kan sê en dan by ons Woord te hou. Laat ons nie sonde in ons lewe toelaat of goedkeur nie. Leer ons wanneer dit tyd is om te laat gaan. In die Naam van ons Messter YESHUA, bid ons vir 'n beginsel vaste gesindheid in U Woord, Wil en Weg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 30, 2025
7. Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die Here van die leërskare. 8. Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die Here van die leërskare. 9. So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak. *** Kern gedeelte: "julle het baie deur jul onderrig laat struikel" Een ding moet ons deeglik verstaan, anders gaan dit ons tot ons bittere spyt wees. Die dagstukke wat ons lees of luister, kan nie ons totale verhouding met GOD saamvat nie, want dit is eensydig. So ook die uur wat ons in die kerk spandeer, dit kan nie ons hele lewe in GOD bevestig nie. Wees gewaarsku, die leringe van hierdie wêreld, die leuens van die "verderwer" word baie mooi gemaak deur woorde wat jou van die pad af lei, waar jy dit die minste verwag. Lees die Woord van GOD, bevestig of die onderrig suiwer is, kyk of die kennis bewaar word en of dit suiwer is. Wees gewaarsku, mooi woorde is nie altyd die waarheid nie, en die waarheid het nie altyd mooi woorde nie. ------- GEBED. VADER, lei ons asb in U "Waarheid" sodat ons U Wil in ons lewe kan verstaan. Ons vra dat U Heilige ons sal lei, ons oë sal open sodat ons deur die sluier van leuens sal sien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Hand van beskerming in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 29, 2025
5. En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die Here van die leërskare. 6. Want Ek, die Here, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie. *** Kern gedeelte. "Want Ek, die Here, het nie verander nie" Met tyd verander ons, maar GOD verander nooit. Elkeen van ons verander met tyd, maar verandering en oud word is nie die probleem nie Ons probleem is egter wanneer ons in die weë van die wêreld oud word, in die weë van die wêreld verval, en dan oud word, dan word ons negatief, verloor visie, die lewe raak moeitevol en ons lewe nie meer in GOD se geregtigheid nie. Daarom lewe mense net vir hulleself en verloor hulle die respekvolle vrees vir GOD. Kom ons verander, kom ons begin weer in GOD se Wil lewe, en vrede wat alle verstand te bowe gaan sal oor ons kom, en GOD se liefde sal weer in ons begin brand. ------- GEBED. VADER, voordat U dag van strafgerig aanbreek, open asb ons oë, sodat ons die ware persoon in onself kan raaksien. Laat ons asb self ondersoek doen en erkentlik wees vir ons eie foute. Gee ons asb krag om vandag te begin, om anders na die wêreld te kyk. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Goedheid en U Guns in ons lewe. Amem. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 27, 2025
21. Toe stuur hy boodskappers na hom om te sê: Wat het ek met jou te doen, koning van Juda? Ek kom nie vandag teen jóú nie, maar teen die huis wat gedurig teen my oorlog voer; en God het gesê ek moet gou maak. Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie. 22. Josía het egter sy gesig nie van hom afgewend nie, maar homself onkenbaar gemaak om teen hom te veg; hy het nie geluister na die woorde van Nego uit die mond van God nie, en aangekom om te veg in die laagte van Megíddo. 23. En die skutters het koning Josía raak geskiet. Toe sê die koning aan sy dienaars: Bring my weg, want ek is swaar gewond. *** Kern gedeelte: "Verset jou nie teen God wat met my is" Laat hierdie saak begaan! Nie elke saak gaan jou aan nie, en jy gaan nie elke saak in die lewe wen nie! Soms laat GOD dinge gebeur vir 'n rede, maar dan moet ons bid vir leiding oor die saak, en as die Heilige Gees dit op ons hart lê, om die saak te laat gaan, draai om en stap weg. Moenie deur arrogansie en die "eie ek" verblind word nie. Onthou hierdie woorde: Verset jou nie teen God wat met my is, dat Hy jou nie vernietig nie. ------- GEBED. VADER, gee ons asb die wysheid en die insig om GOD geleide besluite te maak. Ons vra vir die inwerking van U Heilige Gees, sodat ons U Stem sal hoor, en daaraan gehoorsaam sal wees. Laat ons asb nie vandag in eie wysheid beweeg nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig in ons besluite, sodat ons nie teen U Wil inwerk nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings