GALÁSIËRS 1:10 AFR53
10. Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
***
Kern gedeelte:
"As ek nog mense behaag"
Vandag se dagstuk is kort, maar tot die punt.
Hoekom laat jy steeds toe dat mense jou manipuleer.
Die mens kan jou omstandighede tydelik ondraaglik maak, maar ook daaruit sal GOD jou uitred.
Besef dit vanoggend, jy kan nie GOD en die wêreld gelyktydig dien nie.
Of jy lewe saam met mense wat in eenheid voor GOD lewe, of jy lewe saam met die kinders van die verderf.
As jy hulle weë goedkeur, en jou met hulle assosieër, dan is jou net so skuldig.
Vertel hulle van die Evangelie van JESUS CHRISTUS, vertel hulle dat dit tyd is om hulle van hulle sonde te bekeer.
Dan beweeg jy aan, want die bloed is nie meer op jou hande nie, want hulle was gewaarsku, en voor GOD kan dit nooit ontken word nie.
-------
GEBED.
VADER, lê asb die woorde in ons mond wat ons moet spreek tot elkeen wat nog nie tot bekering gekom het nie, woorde van teregwysing en woorde wat hulle sal beweeg, om Heilige Gees gelei, verlossing deur U Seun te vind. Gee ons dan die krag om aan te beweeg, want die keuse is hulle keuse, en ons kan dit nie namens hulle maak nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die regte keuses gemaak sal word wat siele sal lei tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste:https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





