MATTHÉÜS 19:26 AFR53
26. Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
***
Kern gedeelte:
"By GOD is alle dinge moontlik"
As jy vanoggend glo dat jy dit nie gaan maak nie, dan wil ek vir jou sê, jy is besig om in die leuen van die "verderwer" te glo.
Deur jou twyfel sal jy negatief, afsydig en depresief raak en dan kan jy geen toekoms meer sien nie.
Maar as jy opstaan, GOD begin loof vir die onsienbare, dan sal GOD jou uitkyk oor sake verander, dan sal jy die krag van GOD in jou lewe begin ervaar, en jy sal lewe met die fondasie dat by GOD is alle dinge moontlik.
Moenie in 2025 op die arm van die die vlees steun nie, maar draai jou lewe, jou uitkyk en jou visie en plaas alles, sonder uitsondering voor GOD se voete, staan terug, glo soos 'n kind en jy sal GOD se hand sien beweeg, jy sal sien en ervaar dat by GOD is alles moontlik.
-------
GEBED.
VADER, U weet dat ek vanoggend iets anders wou uitstuur, maar op die laaste minuut het U hierdie woord op my hart gelê. Laat hierdie woord asb uitgaan, gelei deur U Heilige Gees en laat dit die persone bereik wat dit moet hoor. Laat dit asb tot opbou en bevestiging dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elke dooie en stagnante situasie. Laat U Lig daar begin skyn.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za.
Sel: +27716283107





