SPREUKE 3:5-8 AFR53
5. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
7. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
8. dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
***
Kern gedeelte:
"Wees nie wys in jou eie oë nie"
Vanoggend, die eerste dag van 2025, lê die jaar voor ons oop, en bevat nog geen van die spyt en teleurstellings van gister nie!
Daarom het ek vanoggend besluit op die woorde:
* Vertrou op die Here met jou hele hart
* Steun nie op jou eie insig nie.
* Ken Hom in al jou weë
* Wees nie wys in jou eie oë nie
Want as ons hierin leef, dek ons, ons tafel van nagevolg met die oorvloedige seëninge van GOD wat ook sal deurvloei na ander.
Dus sê GOD vir ons in sy Woord soos geskrywe in Jeremia 33:3
Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
My wense aan elkeen vir 2025 is nie alles wat die wêreld ons kan bied nie, maar dat jy GOD se volkome Wil vir jou lewe sal ontdek, en mag GOD jou seën en beskerm op elke tree van jou lewenspad.
Ek spreek vandag lewe en die seëninge van GOD in jou lewe in.
Mag GOD jou ingang en jou uitgang bewaar.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons gespaar is vir nog 'n lewensjaar wat ons kan lewe volgens U Wil en U Weg. Leer ons asb om ons lewe te lewe ter ere van U Naam. Laat ons nie swyg oor die Goedheid en Guns van die enigste en Almagtige Lewende GOD in ons lewe en in die wêreld nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U met elkeen sal saamgaan op hulle lewenspad en dat U Goedheid en Guns hulle sal inhaal.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





