JOHANNES 11:39-40 AFR53
39. Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
40. Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
***
Kern gedeelte:
"Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo"
'n Ander vertaling wat ek lees, stel dit so: As jy aanhou glo!
In die gedeelte van Lazarus se afsterwe, wil ek nie met jou praat oor die feit dat JESUS nooit te laat is om die Wonderwerkende krag van GOD in jou lewe na vore te bring nie, maar eerder wil ek praat oor die feit dat ons nooit moed mag verloor nie.
Selfs in die smart van die oomblik, het JESUS vir Marta herhinner, met die woorde, Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
Ek weet nie wat jou worsteling, beperking of Lasarus oomblik is wat jy tans mee moet deel nie, maar GOD se boodskap vanoggend is onmiskenbaar duidelik.
Het Ek nie vir jou gesê, as jy aanhou glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?
Staan vas, staan sterk, bly vertrou en begin GOD te loof vir dat wat ons nog nie kan sien nie.
-------
GEBED.
VADER, hoe dikwels mis ons die wonderwerke wat U op ons pad geplaas het, omdat ons nie volhard in geloof nie. Wanneer die pad te moeilik raak is ons nie bereid om die laaste paar tree te stap nie, maar gee ons op en begin ons op die wêreld te steun vir hulp en uitkoms. Versterk ons asb vandag dat ons in ons geloof nie sal struikel of faal nie. Gee ons asb die deursettings vermoë wat ons nodig het om die pad te stap en die krag om aan te hou glo.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat nie meer kan nie, wat wil opgee. Dra U hulle asb deur hierdie tyd.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





