PSALMS 91:1-2 AFR53
1. HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
2. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
***
Kern gedeelte:
"in die skaduwee van die Almagtige"
Vanoggend ervaar ek hierdie boodskap wat die Heilige Gees op my hart gelê het om uit te stuur.
Ons is nou in die doodsnikke van 2024, in die laaste skaduwees van hierdie jaar wat snel tot 'n einde.
Jy het dit tot hier toe gemaak, omdat jy gelewe het in die Skaduwee van die Almagtige.
Hy was, en is steeds jou beskermimg teen die skroeiende son van hierdie wêreld.
Niemand wat nog nie op 'n 40 grade dag, op 'n oop land gewerk en geplant het nie, sal besef hoe die skroeiende son jou nie net brand nie, maar ook totaal uitput.
Dieselfde met ons lewe, solank ons deur die wêreld se son verskroei word, sal jy afgemat, uitgeput en seer gebrand wees.
Maar eers wanneer GOD Sy Hand oor ons hou, voel jy die verligting wat dit bring.
Daarom is dit nodig om daagliks GOD se beskerming te soek deur JESUS CHRISTUS.
Dan sal jy in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal jy vernag in die skaduwee van die Almagtige.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons tot hiertoe gedra het, en dankie vir die boodskap dat ons nie die nuwe jaar moet ingaan sonder om in die skaduwee van die Almagtige te wees. Gee asb dat ons vandag, die dinge van die wêreld sal los sodat ons by U voete, in U skaduwee, ons lewens vreugde en lewenslus sal vind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





