HEBREËRS 13:7-8 AFR53
7. Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
8. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
***
Kern gedeelte:
"Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid"
Die Woord van GOD maak dit duidelik dat die teënstander, die duiwel loop rond soos 'n brullende leeu en hy soek na wie hy kan verslind.
Miskien het ons reeds ons Verlosser gevind maar deur die aanslae van die "verderwer" dryf ons weg, verander ons uitkyk oor ons geloof en dan beweeg ons sistematies al verder van GOD af weg.
Dit is presies die oomblik wat die "verderwer" op wag, want jy begin buite GOD se beskerming beweeg en leef, jy is nie meer in die gelede van mede-gelowiges nie, en jy ontvang nie meer die leiding van GOD deur Sy Woord nie.
Draai terug, want jou Verlosser leef, en Hy is onveranderlik dieselfde.
Draai terug, want GOD het jou nie verlaat nie, maar deur omstandighede het jy begin wegdwaal.
-------
GEBED.
VADER, ook in hierdie oggend word ons herhinner by wie die probleem lê. Ons is vinnig om te sê dat ons bid tevergeefs, want U hoor nie ons gebede nie, en alles bly skeefloop, maar ons vergeet wie in die eerste plek nie na U waarskuwings geluister het en nie daarop ag gegee het nie. Maak asb ons oë oop vir ons eie foute sodat ons kan sien dat U is nog steeds ons GOD, en ons verlossing en redding is nog steeds deur U Seun.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U, dat U nie U Hand van ons teruggetrek het nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





