II TIMÓTHEÜS 4:2-3 AFR53
2. verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;
3. want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
***
Kern gedeelte:
"hou aan tydig en ontydig"
JESUS CHRISTUS maak dit duidelik dat as ons Hom ontken voor die mense sal Hy ons ontken voor Sy Vader en voor die engele.
Om hierdie rede kan ons Hom, die Woord van GOD nie in 'n tydsraamwerk plaas waar ons net op sekere tye die Woord verkondig nie.
In elke aktiwiteit skep GOD 'n geleentheid om Sy Woord te verkondig, Sy Naam te loof, te prys en groot te maak.
Daarom, hou aan, tydig en ontydig en laat geen geleentheid verbygaan om uitgesproke te wees oor die Woord van GOD wat sondaars tot bekering sal bring, om siele wat verlore is van die Lig te vertel nie, sodat hulle JESUS as hulle Verlosser en Saligmaker sal aanvaar.
Onthou, ek sê weer, tydig en ontydig.
-------
GEBED.
VADER, laat ons vandag uitgaan en elke geleentheid gebruik om die wêreld van die Woord van GOD te vertel. Van die Verlossings plan wat U deur U Seun tot ons beskikking gestel het. Laat ons nie vir 'n oomblik swyg nie, en gee ons asb die krag om vrymoediglik uitgesproke te wees oor U Woord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal stuur na waar ons die Woord moet verkondig.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





