JOHANNES 14:6-7 AFR53
6. Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
7. As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien.
***
Kern gedeelte:
"Ek is die weg en die waarheid en die lewe"
Met ons almal gebeur daar dinge wat ons van die koers, van die pad af dwing, wat ons bring by die vurke in die pad en die doodloop strate van hierdie lewe.
Dit is wanneer ons opstaan en vra, HERE wat nou en waarheen?
As jy vanoggend op hierdie plek, in hierdie situasie is, en jy weet nie meer watter kant toe nie, weet dan dat jy presies is op die plek waar jy net kan vra, VADER wys U die pad.
Laat die Lig van JESUS CHRISTUS jou rig op die pad vorentoe, en al maak die pad wat jy moet stap vir jou geen sin nie, vertrou net op Hom want wat vir jou lyk na 'n woestynpad, is dalk die kortpad na jou deurbraak.
-------
GEBED.
VADER, hier by vurk in ons lewenspad, lei die een pad na 'n doodloop straat en die ander pad na 'n woestynpad waarvoor ons nie kans sien nie. Versterk ons op hierdie reis en gee ons asb die krag om te volhard in U en nie te buig of toe te gee aan die wêreld en sy weë nie. Laat ons ook hierdie pad stap ter ere van U Heilige Naam. Ons vra dat U ons sal deurdra waar ons nie meer die krag het om aan te gaan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons dat U ons aan die hand sal neem en ons lei na die pad wat U vir ons uitgelê het.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





