II TIMÓTHEÜS 1:5-6 AFR53
5. en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs en in jou moeder Eunice, en wat — daarvan is ek oortuig — ook in jou is.
6. Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
***
Kern gedeelte:
"wat eers gewoon het in jou grootmoeder Loïs"
Ons besef nie op die gegewe oomblik wat se effek ons geestelike leierskap op ons kinders het nie.
Ons sal dit dalk ook nie eers in die leeftyd sien nie, maar weet dat daar kom 'n tyd wat jou kind sal opstaan as 'n toegeruste werker van GOD wat verder sal bou op die fondasie wat jy daar geplaas het.
Daarom is dit belangrik om so te lewe dat ons kinders GOD deur ons lewenswyse sal sien en leer ken.
Kinders doen nie wat ons sê nie, maar hulle doen die dinge wat ons doen en nog meer.
Hulle sal volg in ons voetspore na die wêreld, of in ons voetspore na die ewige lewe, wanneer hulle JESUS CHRISTUS kies as hulle Verlosser en Saligmaker.
Begin vandag die lewe uitleef wat jy graag in jou kinders wil sien.
-------
GEBED.
VADER, dikwels struikel ons in die opvoeding van ons kinders en hulle word 'n spieël beeld van ons karakter. In hulle kan ons die vrugte van U Gees sien of 'n weerkaatsing van hierdie wêreld en die werke van die "verderwer". Gee ons asb die insig en die wysheid om ons kinders te rig in U Wil en U weg. Leer ons asb om 'n fondasie te lê waarop hulle kan voortbou.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons die wysheid sal gee om ons kinders te rig en nie te vertoorn nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





