NÚMERI 9:22-23 AFR53
NÚMERI 11:22-23 AFR53
22. Sal daar vir hulle kleinvee en beeste geslag word, sodat daar vir hulle genoeg sal wees? Of sal al die visse van die see vir hulle versamel word, sodat daar vir hulle genoeg is?
23. Maar die Here sê vir Moses: Sou die hand van die Here te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
***
Kern gedeelte:
"Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie"
As jy ook vanoggend soos Moses in jou omstandighede vaskyk en sê, al doen ek alles wat ek kan, sal dit nog steeds nie genoeg wees nie.
Sal daar nog steeds 'n tekort wees om my deur die probleme te help.
Dan wil ek vir jou sê, fokus op GOD en nie op jou probleme en tekortkomeninge nie.
GOD se plan is nie ons plan nie, en Sy deurbrake kan nie aan wêreldse standaarde en metodes gelykvormig wees nie, want ons dien 'n GOD van wonders.
Ons dien 'n GOD wat die onmoontlike moontlik maak.
Staan jou grond, volhard en moenie opgee nie, want in jou volharding lê jou oorwinning!
Jy sal sien dat GOD se hand nooit te kort is nie!
-------
GEBED.
VADER, U weet daar kom dae wat ons nie meer weet wat nou en waarheen nie. Die probleme voor ons is so groot dat ons sukkel om U te sien, maar dit is tyd dat ons, ons oë hoër lig en bo-oor die probleme kyk. Dan sal ons U oplossings begin sien en verstaan. Laat ons nie vir mense vertel hoe groot ons probleme is nie, maar laat hulle duidelik hoor hoe groot ons GOD is.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U elkeen sal versterk wat deur twyfel verswelg word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





