NÚMERI 9:22-23 AFR53
22. of ná twee dae of 'n maand of langer — as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.
23. Volgens die bevel van die Here het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die Here het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die Here in ag geneem volgens die bevel van die Here deur die diens van Moses.
***
Kern gedeelte:
"Volgens die bevel van die HERE"
Hoe dikwels raak ons nie ongeduldig oor waar GOD ons geplaas het nie, en beweeg ons weg terwyl GOD se voorbereiding vir ons volgende stap nog in wording is.
Maar net so ook die teenoorgestelde, volgens GOD se bevel is dit tyd om aan te beweeg, maar ons doen dit nie.
Jy het so gemaklik geraak waar jy tans is, en jou wortels wat jy gegroei het, wat jou daar hou, word jou beperking.
Jou gemaksone veroorsaak dat jy jou deurbrake mis.
Daarom, wanneer jy bid, vra vir duidelike leiding deur GOD se Heilige Gees.
As die antwoord is om te bly, bly dan, maar as GOD jou lei om te trek, moenie talm of uitstel nie.
Pak op en trek, want jou deurbraak is reeds vir jou voorberei.
-------
GEBED.
VADER, ons ongeduld en eie wysheid is ons grootste struikelblokke want ons plaas onself in plekke en posissies waar ons nie U teenwoordigheid gaan vind nie. Laat ons Gees gelei op U antwoord wag, en as die bevel kom, gee ons asb die krag om aan te beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons ongeduld ons nie sal oorweldig nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





