EFÉSIËRS 4:25-27 AFR53
25. Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
26. Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
27. en gee aan die duiwel geen plek nie.
***
Kern gedeelte:
"En gee aan die duiwel geen plek nie"
Is dit net in woede wat ons die deur vir die "verderwer" oopmaak, of doen ons dit ook in stilbly of stilswye.
Deur stil te bly oor dinge wat pla, skep ons frustrasie, 'n worsteling, 'n oorlog van gedagtes binne onself.
Ons begin dinge oordink, redeneer irrationeel, omdat ons eensydige oplossings begin soek, wat niks aan die saak gaan verander nie.
Dit is wanneer die frustrasie in ons begin opbou wat tot woede uitbarstings lei.
Daarom, gee aan die duiwel geen plek nie want deur jou saak te stel, die kommunikasie eerlik en openlik te hou, verwyder jy die geleentheid vir misverstande.
Spreek eerder die moeilike woorde nou, voordat jy later met die moeilike nagevolge moet deel.
-------
GEBED.
VADER, plaas asb 'n wag voor ons mond sodat ons slegs woorde tot stigting sal spreek, en dat ons aan die "verderwer" geen plek sal gee deur net stil te bly of deur woorde van aggressie te spreek nie. Laat U Heilige Gees ons asb lei, sodat ons elke saak binne U Wil sal hanteer, en laat ons nie gelykvormig aan die wêreld begin optree nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om woorde van lewe te spreek, ter ere van U Naam.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@incurio.co.za
Sel: +27716283107





