JEREMIA 29:11-13 AFR53
11. Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
12. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
13. En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
***
Kern gedeelte:
"om julle 'n hoopvolle toekoms te gee"
As jy vandag op 16 Desember 2024, nog met twyfel in jou hart rondloop, met gedagtes van negatiwiteit oor ons land Suid-Afrika, is jy in die verkeerde plek.
Dan is dit dalk tyd om jou besluit te maak en aan te beweeg en jou hoopvolle toekoms op 'n ander plek te gaan soek.
Al lyk dinge tans sleg in ons land, en gaan dit kortliks nog slegter begin gaan, sal die wat in GOD bly staan, onwrikbaar in geloof beweeg die herstel van ons land aanskou.
Suid-Afrika mag dalk tans aan die agterspeen suig, maar weet vandag en skryf dit neer, Suid-Afrika sal in die toekoms nie net die land van melk en heuning word nie, maar sal die Ligpunt van die wêreld word.
Eendrag maak mag, en ons eenheid sal ons in ons GOD vind.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die boodskap van hoop wat U ons vandag gee, en dankie dat al gaan ons deur 'n dal van doodskaduwee, ons geen onheil sal vrees nie. Al ken ons vandag nie die pad wat vir ons voorlê nie, weet ons dat ons hierdie pad end-uit saam met U sal stap! Lig asb die sluier oor ons oë, dat elkeen die toekoms wat U vir ons beplan, sal kan sien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir die pad van afbreek en opbou wat vir ons voorlê. Laat U Wil geskied.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





