PSALMS 37:3-6 AFR53
3. Vertrou op die Here, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,
4. en verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
5. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en Hý sal dit uitvoer;
6. en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.
***
Kern gedeelte:
"Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom"
Sekere sake moet ons laat gaan en oorlaat aan GOD, want in tyd sal Hy geregtigheid laat geskied.
As jy dit nie doen nie, gaan dit jou verteer, negatiwiteit in jou veroorsaak, en jou net tot skade gaan wees.
Daarom, maak vrede met dit, vergewe eers jouself, en dan ander, spreek vry en stap weg.
Mettertyd sal GOD die saak vergelde en Hy sal jou geregtigheid na vore laat kom, en jou vyande sal beskaamd staan en weet dat GOD jou saak verdedig het.
Wanneer jy alles gedoen het wat jy kan doen, los dan die res in GOD se hande.
-------
GEBED.
VADER, dikwels uit frustrasie, wil ons reg in eie hande neem, probeer ons sake self afhandel sodat ons vrede en berusting kan kry, en in die proses veroorsaak ons nog meer probleme. Dankie dat ons vanoggend ook ons lewe en ons weg aan U kan toevertrou. Deel asb daarmee volgens U geregtigheid, soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal help, om ons vrede in U te vind.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





