I JOHANNES 4:4 AFR53
4. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
***
Kern gedeelte:
"omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is"
Vanoggend besef ek opnuut dat ons ongeloof is dit wat ons van GOD verwyder en ons twyfel is die bou blokke tot isolasie en struikeling wat die "verderwer" teen ons gebruik.
Daagliks vertel ons vir die mense van hierdie wêreld hoe groot en onoorkombaar ons probleme is, instede daarvan dat ons, ons probleme aanspreek in die Naam van JESUS CHRISTUS, en vir die mense vertel hoe groot ons GOD is.
Al het jy al sewe keer geval, weet dat GOD jou agt keer sal oprig.
Dit is nie hoe jy val wat saakmaak nie, maar dit is hoe jy opstaan in GOD.
Dit is hoe jy aanhou, weer probeer, en volhard in jou geloof.
Moenie opgee nie, want GOD sal die goeie werk wat Hy in jou begin het voltooi.
Die oorwinning is reeds joune, staan net op en probeer weer.
-------
GEBED.
VADER, vandag wil ek vir die wêreld vertel hoe groot ons GOD is, en daar is niks wat U nie kan doen. Ons weet ons is ons eie grootste vyand, ons is ons grootste beperking want ons spreek dood oor ons lewe en ons toekoms, en die vrees verlam ons en dan gee ons oor nog voor ons begin het, nog voor ons probeer het. Gee ons asb die krag om in U staande te bly.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe en verklaar ons reeds die oorwinning oor elkeen se lewe wat hierdie boodskap lees of luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





