JOHANNES 12:42-43 AFR53
42. Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.
43. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.
***
Kern gedeelte:
"Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad"
Die spreekwoord lui so, wys my jou vriende en ek wys jou, jou toekoms!
As jy nog bekommerd is oor die opinies van mense wanneer dit oor die Woord van GOD gaan, is jy nie op die regte plek nie.
As daar nie plek is vir GOD se Woord in die geselskap nie, dan is daar ook nie plek vir my nie.
Dit geld nie net vir ons vriende kring nie, maar sluit besigheids transaksies in.
Die laasgenoemde is uiters belangrik, want mense verander en draai die situasie, verander die rigting van die gesprek sodat die geld gedeelte op die ou end nie verlore gaan nie.
As ons liefde vir geld, groter is as liefde vir GOD, dan dien ons mamon!
As mense se opinies belangriker is as GOD se Woord, dan leef ons nog die wêreld.
Om dit te ontken gaan niks aan die saak verander nie, maar weet dat op die einde is dit net jy en GOD as ons voor die wit-troon oordeel staan.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag deur die inwerking van U Heilige Gees om U nooit te ontken of ons te skaam vir U Woord in enige situasie, transaksie of gesprek nie. Laat ons nie bekommerd wees oor die nadraai van finansies nie, want U is die groot voorsiener. Laat U en U Woord ons eerste prioriteit wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om nie aan die wêreld gelykvormig te word nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





